Canolafokus 39 Januarie 2009
Indeks van artikel
Canola cultivarevaluasie: Wes- en Suid-Kaap 2008
Canola cultivarevaluasie: Wes- en Suid-Kaap 2008
Inleiding
Klimaatstoestande in die Swartland was die afgelope seisoen soos in 2007 baie gunstig vir gewasverbouing. Dit was droog gedurende April en Mei en min produsente kon vooropkoms onkruidbeheer toepas, met die gevolg dat gewasse later as in 2007 gesaai is. Dit was 'n baie lang seisoen met bogemiddelde reënval vanaf Junie tot September. Sekere areas in die middel en Noord Swartland het baie swaar reën in Junie gehad en versuipkolle was daarna waarneembaar tot en met oestyd. In die Noorde van die Swartland (tradisioneel laer reënval area) was die canola opbrengste bo-gemiddeld weens die gunstige klimaatsomstandighede. Ruitrugmot en bolwurm het meer probleme as in 2007 veroorsaak.
Die toestande in die Suid-Kaap was ongelukkig minder gunstig vir gewasproduksie. In die Oostelike dele het produsente wel vroeg kon plant en daardie canola aanplantings het goeie opbrengste behaal. In dele van die Caledon, Riviersonderend en Swellendam areas was dit vroeg in die seisoen baie droog en sommige aanplantings het eers in Junie ontkiem. Gunstige toestande laat in die seisoen het gehelp dat canola aanplantings in die Westelike dele tot 'n mate kon herstel en redelike opbrengste is behaal. Insekte en slakke het groot skade tydens die saailingstadium aangerig. Groot kaalkolle en areas met lae plantestand was tot en met oestyd waarneembaar. Ruitrugmot en bolwurm het oor die algemeen min probleme veroorsaak. Die canola stamboorder was minder van 'n probleem as in 2007 hoewel dit wel waargeneem is.
Gedurende die 2008 seisoen was daar na raming 'n geringe toename in oppervlakte, vanaf 3200ha canola na 3000ha. Die gunstige prys se uitwerking is beperk deurdat die seisoen laat begin het en verskeie produsente afgesien het van hul voorneme om canola te plant. Produsente het soos die vorige seisoene canola as kuilvoergewas aangewend, dit maak dit moeilik om 'n gemiddelde opbrengs vir die Wes-Kaap te bepaal. In die Swartland het die gemiddelde opbrengste gewissel tussen 1.3 (Kaap Agri en MKB) en 1.6 ton/ha. Areas in die Suid-Kaap het goeie opbrengste gehad en het gewissel van 0.5 ton/ha tot 1.7 ton/ha in die Oostelike area. Aanplantings wat swak of laat gevestig het is bewei.
Nasionale cultivarproewe
Die Departement van Landbou:Wes-Kaap het gedurende die 2008 seisoen 'n reeks cultivarproewe in die Wes en Suid-Kaap uitgevoer. Sewe proewe is in die Suid-Kaap aangeplant waarvan slegs 2 proewe se data ingesluit is. Die Suid-Kaap proewe by Riversdal en Tygerhoek is einde April geplant terwyl die res van die proewe laat in Mei en begin Junie geplant is. In die Swartland is die proewe tussen 8 en 24 Mei geplant. Tygerhoek se laat aanplanting, Mosselbaai, Swellendam en Serjansrivier kon eers laat in Mei en begin Junie aangeplant word, en het gevolglik baie laat en swak ontkiem. Sewe proewe op 6 lokaliteite is in die Swartland aangeplant. Koue, nat en winderige toestand laat in die seisoen het veroorsaak dat die proef by Grasrug platgewaai het. Plante se stamme het ongelukkig geknak en wat die plante benadeel het en die oesproses bemoeilik het. Die proef was nie statisties betekenis vol nie.
Klimaat oorsig
Klimaatstoestande tydens die 2008 seisoen was gekenmerk deur goeie reënval in die Swartland (Tabel 1 en Figuur 1). Periodes van swaar reën het veral in die Noorde voorgekom en jong gesaaides het plek-plek versuip. Die reënval was bogemiddeld vir die hele Swartland. 'n Baie laat en koel lente het vanjaar voorgekom en het die laat canola aanplantings baie bevoordeel. Die maksimum en minimum temperature vir September was onder die langtermyn gemiddeld en was selfs laer as in Augustus (Figuur 2 en 3). Die lae temperature is ideaal vir die produksie van Canola.
Porterville | Pools | Koperfontein | Langgewens | Skaapkraal | Gemiddeld: Swartland | Voorstekop | Riversdal | Jonaskraal | Rietpoel | Tygerhoek | Boontjieskraal | Swellendam: Napky | Gemiddeld: Suid-Kaap |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Maart Reënval | |||||||||||||
12.5 | 8 | 0.2 | 0.6 | 3.9 | 5.0 | 25.6 | 24.2 | 16.4 | 29.2 | 26 | 16 | 15.4 | 21.8 |
April Reënval | |||||||||||||
10.8 | 7.1 | 5.8 | 14.4 | 14.2 | 10.5 | 36.4 | 37.5 | 21.6 | 20.3 | 46.1 | 17.6 | 21.1 | 28.7 |
Mei Reënval | |||||||||||||
75.6 | 36.8 | 40.8 | 47.4 | 70.5 | 54.2 | 12.8 | 18.9 | 27.8 | 19.3 | 7.4 | 14.9 | 8.2 | 15.6 |
Junie Reënval | |||||||||||||
122.5 | 61.8 | 66.7 | 66.4 | 76.4 | 78.8 | 61.2 | 41.3 | 30.3 | 36.3 | 36.3 | 51.1 | 29.8 | 40.9 |
Julie Reënval | |||||||||||||
211.9 | 119.4 | 109.3 | 125.7 | 158.5 | 145.0 | 15.5 | 20.6 | 45.5 | 61.8 | 51.8 | 79.8 | 19.6 | 42.1 |
Augustus Reënval | |||||||||||||
57.8 | 63.3 | 69.9 | 81.3 | 109.9 | 76.4 | 37.5 | 27.2 | 48.4 | 56.7 | 34.6 | 48 | 23 | 39.3 |
September Reënval | |||||||||||||
121.2 | 63.4 | 66.4 | 76.2 | 140.8 | 93.6 | 39.5 | 22.4 | 39.5 | 45.3 | 37.7 | 52.3 | 20.6 | 36.8 |
Oktober Reënval | |||||||||||||
13.5 | 8.4 | 12.4 | 9.8 | 6 | 10.0 | 60.6 | 51.4 | 69 | 40 | 37.6 | 15.7 | 15 | 41.3 |
November Reënval | |||||||||||||
47.6 | 34.4 | 61 | 35.2 | - | 44.6 | 215 | - | 158.9 | 141.8 | 227.7 | 142.9 | 93.8 | 163.4 |
Maart: Maksimum temperatuur ºC | |||||||||||||
32.6 | 33.8 | 32.5 | 31.2 | 31.4 | 32.3 | 26.4 | 26.6 | 27.1 | 25.6 | 27.9 | 27.6 | 27.1 | 26.9 |
April: Maksimum temperatuur ºC | |||||||||||||
28.1 | 28.9 | 28.1 | 26.5 | 26.9 | 27.7 | 24 | 24.2 | 24.8 | 22.8 | 24.8 | 24.5 | 24.5 | 24.2 |
22.6 | 23 | 21.8 | 21 | 22 | 22.1 | 23.3 | 23.9 | 23.8 | 21.9 | 23.9 | 22.8 | 24.1 | 23.4 |
Junie: Maksimum temperatuur ºC | |||||||||||||
19.2 | 19.6 | 18.6 | 17.3 | 22.2 | 19.4 | 17.8 | 18 | 18.2 | 16.3 | 18.3 | 17.5 | 18.6 | 17.8 |
Julie: Maksimum temperatuur ºC | |||||||||||||
17.7 | 18.3 | 17.5 | 16.1 | 20.4 | 18.0 | 18.1 | 18.8 | 17.7 | 15.7 | 17.6 | 17.1 | 18.8 | 17.7 |
Augustus: Maksimum temperatuur ºC | |||||||||||||
19.4 | 20.1 | 19.1 | 17.6 | 19.9 | 19.2 | 19.4 | 19.9 | 19.5 | 16.9 | 19.5 | 18.1 | 20 | 19.0 |
September: Maksimum temperatuur ºC | |||||||||||||
19.1 | 19.9 | 18.6 | 17.2 | 19.1 | 18.8 | 19.8 | 20.7 | 19.1 | 16.7 | 19.6 | 17.9 | 20.3 | 19.2 |
Oktober: Maksimum temperatuur ºC | |||||||||||||
25.6 | 27.3 | 24.6 | 23.7 | 24.3 | 25.1 | 21.9 | 21.9 | 22.1 | 20.5 | 23.1 | 22.2 | 22.5 | 22.0 |
November: Maksimum temperatuur ºC | |||||||||||||
28.3 | 30.3 | 27.2 | 26.5 | 26.2 | 27.7 | 23.2 | 23 | 23.5 | 21.8 | 24.5 | 23.7 | 23.6 | 23.3 |
Maart: Minimum temperatuur ºC | |||||||||||||
15.9 | 15.5 | 14 | 16.7 | 13.5 | 15.1 | 14.5 | 14 | 12.9 | 13.5 | 14.5 | 15 | 14.5 | 14.1 |
April: Minimum temperatuur ºC | |||||||||||||
11.9 | 11.8 | 10.9 | 13.8 | 11.2 | 11.9 | 12.5 | 11.5 | 11 | 11.7 | 11.4 | 12.8 | 11.6 | 11.8 |
Mei: Minimum temperatuur ºC | |||||||||||||
13.1 | 12.7 | 12.3 | 12.8 | 14.5 | 13.1 | 12.7 | 10.8 | 10.8 | 11.7 | 10.4 | 12.9 | 12 | 11.6 |
Junie: Minimum temperatuur ºC | |||||||||||||
9.4 | 8.6 | 8.5 | 10 | 15 | 10.3 | 9.6 | 8.1 | 7.3 | 8.6 | 7.8 | 9.4 | 8.7 | 8.5 |
Julie: Minimum temperatuur ºC | |||||||||||||
7.5 | 6.7 | 6.9 | 7.6 | 10.6 | 7.9 | 7.7 | 5.3 | 4.2 | 6.5 | 4.7 | 6.7 | 5.8 | 5.8 |
Augustus: Minimum temperatuur ºC | |||||||||||||
7.4 | 5.9 | 6.6 | 7.9 | 8.3 | 7.2 | 8 | 5.8 | 5.2 | 7 | 5.7 | 7 | 6.9 | 6.5 |
September: Minimum temperatuur ºC | |||||||||||||
7.1 | 5.4 | 6.1 | 6.8 | 9.1 | 6.9 | 7.5 | 5.6 | 4.6 | 5.8 | 5.2 | 6.2 | 6 | 5.8 |
Oktober: Minimum temperatuur ºC | |||||||||||||
10.9 | 8.7 | 8.6 | 10.1 | 11.7 | 10.0 | 11 | 10.4 | 9.9 | 9.1 | 10.5 | 10.5 | 10.2 | 10.2 |
November: Minimum temperatuur ºC | |||||||||||||
13.1 | 12.5 | 11.6 | 12.4 | 13.1 | 12.5 | 12.9 | 12.7 | 11.7 | 11.1 | 12.7 | 12.8 | 13.1 | 12.4 |
In die Suid-Kaap was die reënval minder ideaal en was al die maande gedurende die produksie seisoen by Tygerhoek onder gemiddeld (Figuur 1 en Tabel 2). Later in die seisoen het klimaatsomstandighede (veral in die Weste van die produksiegebied) verbeter met goeie reën wat voorgekom het tesame met baie gunstige temperature (Figuur 2 en 3). Geen vogstremming het tydens korrelvulling plaasgevind nie. Swaar reën neerslae gedurende November het die oesproses van die canola in sekere areas vertraag.
Agronomiese praktyke
Die proefpersele in die Swartland en Suid-Kaap is voor plant met 'n vlak tand bewerk ten einde 'n fyn, gelyke saadbed te verseker. Die proewe is geplant met 'n Wintersteiger perseelplanter. Die duisendkorrelmassa en ontkiemingspersentasie van elke cultivar is bepaal en saaidigthede is bereken ten einde 'n mikpunt van tussen 50 en 70 plante/m² te verseker.
Alle bemesting is toegedien volgens grondontledings van grondmonsters wat by elke proefperseel geneem is. Fosfaat is teen 15kg/ha as standaard toegedien. Die fosfaatbemesting het swael bevat om aan die swael behoefte van canola te help voorsien. Stikstofbemesting is volgens aanbeveling gedoen en is aangepas volgens grondtipe en reënvalsyfers en het gewissel van 60 tot 100 kg N/ha, wat as standaard in twee tot drie toedienings (plant, roset en stamverlenging) verdeel is. 'n Boor bespuiting is as standaard toegepas en word teen die einde van die stamverlengingsfase gedoen om saadvorming te bevorder.
Onkruidbeheer, waar nodig, is volgens onkruidspesie en –druk toegepas. Daar is hoofsaaklik gebruik gemaak van 'n voorsaai bespuiting met Butisan-S (metazachlor) gevolg deur na-opkomsbeheer met Focus Ultra (sikloksidim), Aramo (tepraloksidim) en Lomex (etametsulfuron-metiel). Die beheer van insekte het hoofsaaklik bestaan uit 'n vroeë bespuiting om die saailinge te beskerm. Later in die seisoen is waar nodig gespuit vir die beheer van plantluise, ruitrugmotte en bolwurms. Die middels wat gebruik is, was Dimet (dimetoaat) – 750ml/ha, Thioflo (endosulfan) – 1l/ha, Metamidifos – 500ml/ha en Dursban (chlorpiriphos) – 1 000ml/ha.
Proewe is met 'n net toegemaak om hulle teen voëls en die ergste wind te beskerm. Met rypwording is persele direk gestroop met 'n Wintersteiger perseelstroper, waarna die saad skoongemaak en toegelaat is om 'n resulterende vogpersentasie te bereik voordat dit geweeg is.
Resultate
Tabel 2 en 3 bevat die opbrengsdata van die onderskeie gebiede. Die "Clearfield (Cl)" en "Triasien tolerant (TT)" cultivars se data word geskei van die konvensionele cultivars terwyl die baster cultivars met 'n * aangedui word.
In die Suid-Kaap (Tabel 2) het die gemiddelde opbrengs per proef gewissel van 1.75 ton/ha by Riversdal tot 1.78 ton/ha by Tygerhoek. Die gemiddelde opbrengs van "Clearfield" en "Triasien tolerant" cultivars was onderskeidelik 19% en 12% laer as die gemiddelde van die konvensionele cultivars.
By Tygerhoek het die cultivar AV Garnet (2.794 ton/ha) 'n betekenisvol hoër opbrengs as die ander cultivars getoon. NPZ SR 10308 * (2.211 ton/ha) en Hyola 61 (2.125 ton/ha was onderskeidelik die 2de en 3de beste konvensionele cultivars. Bravo TT (1.921 ton/ha) was die beste TT en 45Y77* (2.041 ton/ha) die beste Cl cultivar en beide het nie betekenisvol van NPZ SR 10308 * en Hyola 61 verskil nie.
By Riversdal was NPZ SR 10308 * (2.339 ton/ha) die hoogste produseerder gevolg deur 44Y06* en Garnet. Die 1ste vyf cultivars het nie betekenisvol van mekaar verskil nie. Bravo TT (1.822 ton/ha) was die beste TT en 45Y77* (1.682 ton/ha) die beste Cl cultivar, beide se produksie was betekenisvol laer as die beste vyf konvensionele cultivars.
In die Suid-Kaap was AV Garnet en NPZ SR 10308 * betekenisvol beter as die ander cultivars gevolg deur Hyola 61. Bravo TT was die beste TT en 45Y77* die beste Cl cultivar. Beide hierdie cultivars het nie betekenisvol van Hyola 61 verskil nie. Die beste produserende cultivars in die Suid-Kaap was baie konstant tussen die twee proewe.
Tygerhoek | Riversdal | Suid-Kaap | ||||
---|---|---|---|---|---|---|
Konvensionele cultivars | Sv | Sv | Sv | |||
Tarcoola | 1716 | cdef | 1541 | efg | 1629 | efgh |
AV Garnet | 2794 | a | 2089 | abc | 2441 | a |
AG Spectrum | 1404 | f | 1799 | bcde | 1601 | fgh |
AV Jade | 1757 | bcdef | 2093 | abc | 1925 | cde |
NPZ SR 10308 * | 2211 | b | 2339 | a | 2262 | ab |
AG Muster | 1495 | ef | 1782 | bcdef | 1609 | fgh |
44Y06 * | 1775 | bcdef | 2147 | ab | 1961 | cd |
44C11 | 1524 | ef | 1534 | efg | 1529 | gh |
Hyola 61 * | 2125 | bc | 2030 | abcd | 2078 | bc |
Gemiddeld | 1867 | 1928 | 1893 | |||
TT | ||||||
Bravo TT | 1921 | bcde | 1822 | bcde | 1871 | cdef |
Rottnest TT | 1705 | cdef | 1779 | bcdef | 1742 | defg |
ATR Cobbler | 1370 | f | 1744 | cdef | 1557 | gh |
Tornado | 1655 | cdef | 1455 | efg | 1555 | gh |
Thunder | 1671 | cdef | 1680 | defg | 1676 | defg |
Gemiddeld | 1665 | 1696 | 1680 | |||
Clearfield | ||||||
44C73 CL | 1588 | def | 1405 | fg | 1497 | gh |
45Y77 CL * | 2041 | bcd | 1682 | defg | 1861 | cdef |
Rocket CL | 1405 | f | 1337 | g | 1371 | h |
44C79 CL | 1891 | bcde | 1302 | g | 1597 | fgh |
Gemiddeld | 1732 | 1432 | 1582 | |||
kbv: | 479.8 | kbv: | 387.6 | kbv: | 192.1 | |
kv: | 16.24 | kv: | 13 | kv: | 14.8 |
Sv: Statistiese verskil- cultivars gevolg deur dieselfde letter verskil nie betekenisvol van mekaar nie. Kbv- kleinste betekenisvolle verskil by 95% betroubaarheid interval, Kv- koëffisiënt van variasie
Cultivars gemerk met *, is baster cultivars.
In die Swartland het die gemiddelde opbrengste per proef gewissel tussen 2.39 ton/ha (Darling) tot 2.67kg/ha by Langgewens 2 (Tabel 3). Die opbrengs van die eerste aanplanting by Langgewens 1 (14 Mei) was 8.8% laer as die tweede aanplanting (27 Mei). Dit is die 1ste keer sedert 1999 dat die 2de saaityd op enige lokaliteit beter opbrengs as die 1ste aanplanting gee. Die koeler maksimum en minimum temperature (Figuur 3 en 4) gedurende September in vergelyking met Augustus het tot gevolg gehad dat die 2de aanplanting beter klimaatsomstandighede gehad het tydens korrelvulling. Ander faktore soos wind wat van die 1ste saaityd se plante beskadig het kon ook bygedra het tot die verskil in opbrengs.
In die Swartland het AV Garnet baie goed presteer en was die beste produseerder in drie van die vier ingeslote proewe.
Langgewens 1 | Langgewens 2 | Porterville | Darling | Swartland | ||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Konvensionele cultivars | Sv | Sv | Sv | Sv | Sv | |||||
Tarcoola | 1954 | fg | 2599 | def | 2237 | gh | 1899 | hgi | 2077 | ef |
AV Garnet | 2874 | ab | 3547 | a | 3011 | a | 2968 | a | 3066 | a |
AG Spectrum | 2552 | bcd | 2886 | bcd | 2760 | abcd | 3243 | a | 2879 | ab |
AV Jade | 2630 | bcd | 2609 | def | 2335 | efg | 2944 | ab | 2618 | c |
NPZ SR 10308 * | 2976 | ab | 2775 | cde | 2704 | abcde | 3016 | ab | 2912 | ab |
AG Muster | 2644 | bcd | 2865 | cd | 2447 | cdef | 2845 | abc | 2647 | c |
44Y06 * | 3147 | a | 3442 | ab | 2773 | abc | 2938 | ab | 3036 | a |
44C11 | 2929 | ab | 3333 | abc | 2715 | abcde | 2634 | bcd | 2794 | bc |
Hyola 61 * | 2206 | defg | 2583 | def | 2458 | cdef | 2509 | cde | 2382 | d |
Gemiddeld | 2657 | 2960 | 2605 | 2777 | ||||||
TT | ||||||||||
Bravo TT | 2055 | efg | 2374 | defg | 2386 | cdefg | 1773 | efg | 2196 | de |
Rottnest TT | 1932 | fg | 1904 | g | 2112 | fg | 1562 | i | 1799 | g |
ATR Cobbler | 1767 | g | 2566 | def | 2032 | g | 1628 | hi | 1888 | fg |
Tornado | 2389 | cdef | 2218 | efg | 2363 | defg | 1798 | hi | 2116 | e |
Thunder | 2339 | cdef | 2277 | defg | 2484 | bcdef | 1660 | hi | 2113 | e |
Gemiddeld | 2096 | 2268 | 2276 | 2684 | ||||||
Clearfield | ||||||||||
44C73 CL | 1847 | g | 2498 | def | 2156 | fg | 2006 | fgh | 2070 | ef |
45Y77 CL * | 2799 | abc | 2743 | de | 2865 | ab | 2948 | ab | 2907 | ab |
Rocket CL | 2572 | bcde | 2285 | defg | 2115 | fg | 2329 | def | 2354 | d |
44C79 CL | 2532 | bcd | 2532 | fg | 2088 | fg | 2357 | def | 2246 | de |
Gemiddeld | 2438 | 2515 | 2306 | 2410 | 2417 | |||||
kbv: | 484.17 | kbv: | 569.3 | kbv: | 397.7 | kbv: | 406.8 | kbv: | 203.9 | |
kv: | 11.89 | kv: | 12.89 | kv: | 9.79 | kv: | 10.14 | kv: | 0.04 |
Sv: Statistiese verskil- cultivars gevolg deur dieselfde letter verskil nie betekenisvol van mekaar nie. Kbv- kleinste betekenisvolle verskil by 95% betroubaarheid interval, Kv- koëffisiënt van variasie
Cultivars gemerk met *, is baster cultivars.
By Langgewens 1 was 44Y06* (3.147 ton/ha) die produseerder deur 44C11 en Garnet. Beide hierdie cultivars het nie betekenisvol van 44Y06 verskil nie. Die CL cultivar 45Y77* het slegs in een van die vier proewe betekenisvol van die beste konvensionele cultivar verskil. Bravo was die hoogste produseerder by die TT cultivars hoewel nie betekenisvol beter as Tornado en Thunder nie. Die beste produseerders oor die vier lokaliteite was, AV Garnet, 44Y06*, AG Spectrum en die CL cultivar 44Y77.
Hoewel die laat aanplanting die beste resultate in die Swartland gelewer het kan dit aan buitegewone klimaatstoestande toegeskryf word. Geskiedkundige klimaat en proefresultate ondersteun die aanbeveling om eerder vroeër as later te plant.
Enquiries
Directorate Plant Sciences, Department of Agriculture Western Cape
Private Bag, Elsenburg 7607 T. 021 808 5321 E. piet.lombard@westerncape.gov.za
Editors
PJA Lombard J Bruwer Franco le RouxSponsored by the Protein Research Foundation