Canolafokus 27 Junie 2005
Artikel indeks
Swartland canola kompetisie 2004
- Inleiding
- Klimaat
- Resultate
- Tabel 3: Opbrengs van canola as persentasie van koringopbrengs
- Grondontledings en plantvoedingstatus van die grond
- Tabel 4: Die invloed van stikstoftoediening met plant op die opbrengs
- Tabel 5: Die invloed van totale stikstof toegedien
- Saadbedvoorbereiding en plantmetode
- Tabel 6: Die invloed van plantmetode op opbrengs
- Tabel 7: Die invloed van saadbehandeling op opbrengs
- Tabel 8: Die invloed van plant toestande op opbrengs
- Canola cultivars
- Tabel 9: Die invloed van cultivarkeuse op opbrengs
- Planttyd, saaidigtheid en plantestand
- Tabel 10: Die invloed van planttyd op opbrengs
- Tabel 11: Die invloed van saaidigtheid op opbrengs
- Tabel 12: Die invloed van plantestand op opbrengs
- Onkruidbeheer
- Plaagbeheer
- Kosteberekening
- Tabel 13: Ontleding van marges
- Wenners en naaswenners
Swartland canola kompetisie 2004
Inleiding
Canolaverbouing het reeds in 1993 in die Swartland begin. Goeie opbrengste tydens die 1996 seisoen en die gepaardgaande vestiging van markte en prysstrukture het aanleiding gegee tot 'n merkbare jaarlikse toename in hektare in die Swartland. Swak vestiging tydens die 1999 seisoen, toe die meeste aantal hektare nog gevestig is, het tot gevolg gehad dat daar tydens die 2000 seisoen minder canola gesaai is en daar ook geen noemenswaardige toename in hektare die volgende seisoen waargeneem is nie. Na goeie opbrengste in 2001 is ongeveer 3 300 ha meer canola in die 2002 seisoen gesaai. Ongeveer 10 000 ha is in 2003 gesaai wat ongeveer 800 ha meer was as in 2002. Vanjaar (2004) is ongeveer 12 500 ha in die Swartland gebied gesaai.
Hierdie kompetisie is eintlik meer 'n voorligtingsaksie om die verbouing van canola in die Swartland te bevorder. Die belangrikste aspek van hierdie kompetisie is nie wie die wenners gaan wees nie, maar die geleentheid wat dit skep om kennis en ondervinding uit te ruil en verskillende produksiepraktyke te besigtig. Hier kry boere en landboukundiges die geleentheid om gedagtes, kennis en ondervinding uit te ruil. Geen spesiale groepbyeenkomste is gedurende 2004 gehou nie weens 'n tekort aan geleenthede asook as gevolg van die demper wat die droogte op die belangstelling in canola geplaas het. Tydens die September SKOG-dag is daar wel demonstrasieproewe en cultivarproewe besigtig. By geleentheid is daar ook na 'n sekere saadhandelaar se proewe in die Vredenburg omgewing gekyk. Die resultate van hierdie kompetisie is egter tydens verskeie plaasbesoeke bespreek.
Tydens die 2004 seisoen het 19 produsente ingeskryf vir die kompetisie waarvan 16 dit voltooi het. Die rede hiervoor is dat drie van die deelnemers se canola so swak was as gevolg van die droogte, dat hulle dit eerder laat bewei het en nie geoes het nie. Die verdeling van die deelnemers in die verskillende voorligtingswyke was as volg:
Malmesbury voorligtingswyk | 6 |
Moorreesburg voorligtingswyk | 8 |
Piketberg voorligtingswyk | 2 |
Die vog persentasie waarby geoes is, is by die boere verkry en die olie- en proteïen persentasie is deur die Diereproduksielaboratorium op Elsenburg bepaal. Die gemiddelde opbrengs (0,65 ton/ha) vir 2004 was ongeveer 0,10 ton/ha laer as 2003 se gemiddelde opbrengs (0,75 ton/ha). Dit is natuurlik te wyte aan die droogte wat tydens 2004 geheers het. Daar was weereens 'n groot variasie in opbrengste, van 0,01 ton/ha tot 1,54 ton/ha. Die gemiddelde van 0,65 ton/ha is dus 'n goeie weerspieëling van canola-opbrengste in die Swartland tydens 2004. Alhoewel ons weet dat klimaatstoestande, veral reënval, baie verskil in die Swartland, wil ons hierdie geweldige variasie van opbrengste probeer verminder. Ons wil dus poog dat opbrengste in hoë reënval gebiede minder van mekaar moet verskil en so ook in die laer reënval gebiede.
Al die bewerkings uitgevoer en middels gebruik se kostes is in berekening gebring om die produksie koste per hektaar te bereken.
Die kompetisie word volgens twee maatstawwe beoordeel naamlik bruto marge per hektaar en graan opbrengs per hektaar.
Klimaat
Volgens grafieke 1 en 2 was die reënval baie laer as normaal met feitlik geen noemenswaardige reën in die Pools gebied. Die reënval in die Porterville en Malmesbury gebiede was egter voldoene om canola ekonomies te produseer. Die droogte het in sekere gebiede soos byvoorbeeld die Rooikaroo-Koringberg gebied veroorsaak dat feitlik geen canola opgekom het nie. In ander gebiede, selfs in die Malmesbury area, was die stande swak. Gedurende April het relatief goeie reëns voorgekom, maar gedurende Mei het dit feitlik niks gereën. Die eerste werklik wydverspreide reën het eers vanaf die eerste week van Junie af voorgekom, en die boere het geglo dat dit 'n goeie seisoen gaan wees. Bo-bemestings is gedoen en onkruide en insekte is ten duurste beheer.
Behalwe dat die seisoen baie laat begin het, was die grootste nadeel die afsny van die reën vanaf middel Augustus tot middel September. Dit is dan ook gedurende hierdie tydperk wat temperature begin styg het terwyl die plant se behoefte aan water die grootste was. Dit het aanleiding gegee tot baie ligte en klein sade.
Die klimaat gedurende oestyd (Oktober) was baie gunstig vir die oes-proses, dit wil sê relatiewe koel en windstil dae met 'n bogemiddelde lugvogtigheid. Vanaf November het temperature begin styg en die lugvog begin daal, maar die meeste produsente het reeds klaar canola geoes.
Resultate
Inligting ingewin gedurende hierdie seisoen is onder andere cultivars geplant, plantdatums, plantpopulasie, bewerkingspraktyke toegepas, grondontledings, bemesting toegedien en onkruid- en insektebeheer praktyke. Omdat dit te moeilik is om eweredig deur 'n land klein blokkies te oes vir 'n opbrengsbepaling is besluit om die totale opbrengs van die land te meet. Die lande is feitlik almal met 'n GPS opgemeet om sodoende die opbrengs akkuraat te bepaal. Hier het ons dus staat gemaak op die deelnemers se integriteit om die ware opbrengs te bepaal. Al nadeel van hierdie metode is dat die boer met 'n groot land dalk 'n laer opbrengs per hektaar kan realiseer as die een met 'n kleiner land. Die vog persentasie waarby geoes is, is by die boere verkry en die olie- en proteïen persentasie is deur die diereproduksielaboratorium op Elsenburg bepaal. Die gemiddelde opbrengs (0,65 ton/ha) vir 2004 was ongeveer 0,10 ton/ha laer as 2003 se gemiddelde opbrengs (0,75 ton/ha). Dit is natuurlik te wyte aan die droogte wat tydens 2004 geheers het. Daar was weereens 'n groot variasie in opbrengste, van 0,01 ton/ha tot 1,54 ton/ha. Die gemiddelde van 0,65 ton/ha is dus 'n goeie weerspieëling van die totale canola opbrengste in die Swartland.
Ten einde die risiko van canolaverbouing in 'n droë jaar soos 2004 te illustreer (Tabel 3) is canola-opbrengste ook uitgedruk as 'n persentasie van die gemiddelde koringopbrengs van die deelnemers. Uit hierdie tabel wil dit blyk dat canola meer riskant is in die droër jare, want in 2002 was die canola opbrengste gemiddeld 48% van koring teenoor 38% in 2003 en 33% in 2004. Daar moet egter ingedagte gehou word dat die oppervlakte onder canola aansienlik minder is as dié onder koring en dat baie min variasie ingesluit word. As voorbeeld kan die resultate van twee deelnemers in die Piketberg/Porterville omgewing geneem word. Ten spyte van die feit dat vogstremmingstoestande hier voorgekom het, was die canola-opbrengste gemiddeld 51% van die gemiddelde koring opbrengs. Dit was hoër as in die Malmesbury omgewing waar die droogte minder straf was. Dit beteken dat as regte praktyke gevolg word met canola, kan daar selfs in droër gebiede goeie opbrengste afgehaal word.
Malmesbury Gemiddelde koring opbrengs = 2.63 t/ha |
Morreesburg Gemiddelde koring opbrengs = 1.67 t/ha |
Piketberg Gemiddelde koring opbrengs = 1.17 t/ha |
||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Canola as % van koring | Canola as % van koring | Canola as % van koring | ||||||
Boer | Canola (%) | Koring (t/ha) | Boer | Canola (%) | Koring (t/ha) | Boer | Canola (%) | Koring (t/ha) |
4 | 56 | 5.369 | 1 | 36 | 2.29 | 9 | 42 | 2.487 |
5 | 19 | 1.499 | 2 | 26 | 1.537 | 16 | 60 | 3.211 |
6 | 37 | 3.438 | 3 | 28 | 1.773 | |||
7 | 42 | 2.179 | 8 | 15 | 1.077 | |||
10 | 40 | 3.719 | 11 | 51 | 2.931 | |||
12 | 34 | 3.402 | 13 | 7 | 0.44 | |||
14 | 0.5 | 0.064 | ||||||
15 | 30 | 2.173 | ||||||
Gem. | 38 | 3.267 | Gem. | 24 | 1.535 | Gem. | 51 | 2.849 |
Daar word beklemtoon dat die tabelle se inligting as 'n moontlike tendens beskou moet word, en nie as definitiewe resultate, omdat klimaat en ander faktore ook 'n rol kan speel. Vanjaar (2004) het die droogte feitlik alle ander faktore oorheers.
Grondontledings en plantvoedingstatus van die grond
Alhoewel goeie reën eers vanaf begin Junie (2004) begin val het, het die 2004 seisoen tog belowend gelyk omdat opvolg reëns gereeld gekom het. As gevolg van hiervan het baie boere 'n bo-bemesting toegedien op die canola. Dit is in teenstelling met 2003 se droë jaar toe feitlik geen bo-bemesting gegee is nie as gevolg van 'n baie droë Junie. Hierdie seisoen (2004) het 14 van die 16 deelnemers wel bo-bemesting gegee. Die 2 deelnemers wat geen bo-bemesting gegee het derhalwe dan ook die minste stikstof gegee van al die deelnemers.
In Tabel 4 kan gesien word dat na 4 jaar se data van die kompetisie, dit wil blyk dat beter opbrengste verkry word indien slegs ± 40% van die totale stikstof bemesting met vestiging gegee word en die res later. Dit wil voorkom dat dit selfs in 2004, wat 'n droë jaar was, positiewe resultate gelewer het.
Verlede jaar (2003) het die meeste deelnemers tussen 30kg en 50kg stikstof in totaal gegee wat natuurlik groot besparings meegebring het. Gedurende 2004 het die meeste deelnemers tussen 60kg en 100kg stikstof gegee wat weereens die kostes verhoog het. Hierdie toename in stikstof toediening is veroorsaak, soos reeds genoem, deur die optimisme wat daar geheers het gedurende die seisoen as gevolg van die goeie opvolgreëns.
2003 | 2004 | Gemiddeld 2001-2004 | ||||
---|---|---|---|---|---|---|
% N | Opbrengs | Relatiewe afwykings | Opbrengs | Relatiewe afwykings | Opbrengs | Relatiewe afwykings |
0-30% | 0.00 | 0% | 0.00 | -100% | 0.85 | -20% |
31-40% | 0.00 | 0% | 0.72 | 10% | 1.06 | 0% |
41-50% | 0.50 | -33% | 0.66 | 1% | 0.96 | -9% |
51-60% | 0.45 | -40% | 0.60 | -8% | 0.90 | -15% |
61-70% | 0.00 | 0% | 0.78 | 19% | 0.90 | -15% |
70%+ | 0.82 | 9% | 0.31 | -53% | 0.73 | -31% |
Basis opbrengs | 0.75 | 0.65 | 1.06 |
Alhoewel dit 'n droë jaar was, het hierdie hoër bemestingspeile volgens Tabel 5 nog steeds die hoogste opbrengste gegee. Die wenner met die hoogste opbrengs van 1,49 ton het 120kg stikstof per hektaar toegedien, terwyl sy totale reënval vanaf April tot Oktober 2004 277mm was. Hierdie reënval was slegs die sesde hoogste van al die deelnemers.
2003 | 2004 | Gemiddeld 2001-2004 | ||||
---|---|---|---|---|---|---|
Totale N | Opbrengs | Relatiewe afwykings | Opbrengs | Relatiewe afwykings | Opbrengs | Relatiewe afwykings |
30-50 | 0.64 | -15% | 0.31 | -53% | 0.24 | -78% |
51-60 | 0.50 | -33% | 0.25 | -62% | 0.19 | -82% |
61-80 | 1.90 | 154% | 0.53 | -19% | 1.25 | 18% |
81-100 | 0.00 | 0% | 0.84 | 28% | 0.97 | -8% |
101+ | 0.00 | 0% | 0.96 | 46% | 0.93 | -12% |
Basis opbrengs | 0.75 | 0.65 | 1.06 |
As 2004 met 2003 vergelyk word is dit duidelik dat die deelnemers in 2003 met minder stikstof beter resultate gekry het, wat weereens daarop wys dat die produsente stikstoftoedienings korrek moet bestuur.
Saadbedvoorbereiding en plantmetode
Vyf van die deelnemers het canola geplant en elf het dit breedwerpig uitgestrooi. Waar die canola geplant is, is 'n effens beter opbrengs gekry alhoewel die deelnemers met die drie beste opbrengste hulle canola uitgestrooi het. Indien daar egter na Tabel 6 gekyk word kan gesien word dat daar oor die langtermyn geen groot verskille tussen die twee metodes is nie.
2003 | 2004 | Gemiddeld 2001-2004 | ||||
---|---|---|---|---|---|---|
Metode | Opbrengs | Relatiewe afwykings | Opbrengs | Relatiewe afwykings | Opbrengs | Relatiewe afwykings |
Strooi | 0.82 | 9% | 0.62 | -5% | 1.09 | 3% |
Planter | 0.65 | -14% | 0.73 | 11% | 1.03 | -3% |
Basis opbrengs | 0.75 | 0.65 | 1.06 |
Aangesien die plantmetode se gemiddelde opbrengs beter was as die strooimetode, kan die afleiding gemaak word dat canola beter vestig as dit geplant word en dus sterker plante tot gevolg hê. Met 'n planter word Canola eweredig diep geplant en word daarselde probleme ondervind met sade wat te diep lê in die grond soos wanneer dit gestrooi word.
Die meeste deelnemers (14 boere) het hulle saad teen insekte behandel. Alhoewel dit blyk dat 'n beter gemiddelde opbrengs met die onbehandelde saad verkry is gedurende 2004, moet daar eerder na die langtermyn gemiddelde (Tabel 7) gekyk word. Uit die langtermyn gemiddelde blyk dit dat wel dat saadbehandeling beter saadopbrengste tot gevolg het.
Sommige boere het baie koste aangegaan om saad te behandel met nuwe en meer gesofistekeerde middels. Of dit egter die moeite werd is moet meer nog wetenskaplik nagevors word. Voorlopig is die aanbeveling dat die saad eerder met gewone Dimetoaat en Thiram behandel moet word. Drie deelnemers het hulle saad met hierdie duur middels behandel sonder om enige noemenswaardige opbrengsverhoging te verkry.
2003 | 2004 | Gemiddeld 2001-2004 | ||||
---|---|---|---|---|---|---|
Behandelings | Opbrengs | Relatiewe afwykings | Opbrengs | Relatiewe afwykings | Opbrengs | Relatiewe afwykings |
Behandel | 0.63 | -16% | 0.65 | 0% | 1.14 | 8% |
Onbehandel | 1.04 | 38% | 0.68 | 3% | 0.99 | -7% |
Basis opbrengs | 0.75 | 0.65 | 1.06 |
Volgens Tabel 8 blyk dit dat die canola wat in klam grond gesaai is se opbrengs oor die algemeen hoër was as waar dit in droëgrond gevestig is. Alhoewel daar vanjaar en ook in die verlede goeie opbrengste verkry is waar in droë grond gesaai is, blyk dit dat dit steeds 'n risiko is en dat beter opbrengste verkry is waar in klam grond gesaai is. In die verlede is al baie goeie opbrengste verkry wanneer Canola ± 10mm diep in droë grond gesaai is, met ten minste twee goeie opvolg reëns binne 10 dae na saai. Droog saai in laer reënval (300–350mm) gebiede, kan of baie goeie resultate lewer met goeie opvolgreëns, of dit kan toeslaan (korsvorming) wat oneweredige en laat opkoms tot gevolg kan hê.
2003 | 2004 | Gemiddeld 2001-2004 | ||||
---|---|---|---|---|---|---|
Toestande | Opbrengs | Relatiewe afwykings | Opbrengs | Relatiewe afwykings | Opbrengs | Relatiewe afwykings |
Klam | 0.86 | 15% | 0.79 | 21% | 1.18 | 11% |
Droog | 0.59 | -22% | 0.56 | -14% | 0.90 | -15% |
Nat | 0.00 | 0% | 0.90 | 38% | 0.23 | -79% |
Basis opbrengs | 0.75 | 0.65 | 1.06 |
Canola cultivars
Vyf van die deelnemers het ATR Hayden gesaai. Varola 50, ATR Beacon, Outback en Varola 48 CL is elk deur twee deelnemers gesaai terwyl Varola 404 CL, 45C75 en 600TT deur een deelnemer gesaai is. Die laaste drie cultivars kan dus nie direk met die ander vergelyk word nie, selfs nie eens die cultivars wat net deur twee deelnemers gesaai is. Die cultivars wat deur slegs twee deelnemers gesaai is, kan wel oor die langtermyn vergelyk word.
2003 | 2004 | Gemiddeld 2001-2004 | ||||
---|---|---|---|---|---|---|
Cultivars | Opbrengs | Relatiewe afwykings | Opbrengs | Relatiewe afwykings | Opbrengs | Relatiewe afwykings |
Verola 50 | 0.24 | -68% | 0.34 | -48% | 0.87 | -18% |
Verola 44 | 0.21 | -72% | 0.00 | -100% | 0.72 | -32% |
Monty | 0.00 | -100% | 0.00 | -100% | 0.68 | -36% |
ATR Hayden | 0.82 | 9% | 0.91 | 39% | 1.35 | 20% |
Mengsel | 0.00 | -100% | 0.00 | -100% | 0.23 | -78% |
Scoop | 0.00 | -100% | 0.00 | -100% | 0.37 | -65% |
Outback | 0.00 | -100% | 0.60 | -8% | 0.45 | -58% |
Varola 48 CL | 0.98 | 31% | 0.54 | -18% | 0.91 | -14% |
Varola 404 CL | 0.00 | -100% | 0.50 | -23% | 0.13 | -88% |
ATR Beacon | 0.00 | -100% | 0.43 | -34% | 0.11 | -89% |
600 TT | 0.00 | -100% | 1.10 | 68% | 0.28 | -74% |
45C75 | 0.00 | -100% | 0.50 | -23% | 0.13 | -88% |
Basis opbrengs | 0.75 | 0.65 | 1.06 |
Sedert die kompetisie begin het (4 jaar gelede), is ATR Hayden en Varola 50 elke jaar gesaai. ATR Hayden het die beste oor hierdie tydperk gepresteer wat heel moontlik toegeskryf kan word aan beter onkruidbeheer met Simasien. Varola 48 CL en Varola 44 is vir 3 van die 4 jare gesaai, waarvan Varola 48 CL die beste presteer het. Weereens kan dit moontlik toegeskryf word aan beter onkruidbeheer met Cysure.
Alhoewel ATR Hayden die beste in 2004 presteer het, moet ons in gedagte hou dat dit hoofsaaklik in die hoër potensiaal gebiede gesaai is. Dit blyk egter dat Outback en Varola 48 CL beter gedoen het die afgelope 4 jaar in die laer reënval potensiaal gebiede.
Planttyd, saaidigtheid en plantestand
Kyk ons na die resultate van saaityd in 2004 (Tabel 10), sien ons dat die eerste week van Junie die beste gemiddelde opbrengs gelewer het. Indien ons hierdie saaityd (eerste week Junie) buite rekening laat, asook die derde week van Mei waartydens ook net een deelnemer gesaai het, sien ons dat weke drie en vier van April die beste saaityd was. Alhoewel dit gedurende die daaropvolgende periode baie droog was blyk dit dat canola wat wel ontkiem het en hierdie droë periode oorleef het met 'n redelike opbrengs.
Oor die langtermyn wil dit voorkom asof canola tot die tweede week van Mei gesaai kan word nie. Dit blyk egter dat die kanse vir 'n goeie opbrengs beter is indien dit 10mm of meer na die middel van April reën, en canola onmiddelik gevestig kan word met die minimum grondversteuring. Dit is egter nie altyd prakties moontlik nie, omdat dit die kanse vir onkruid kompetisie is sekere gevalle kan verhoog.
2003 | 2004 | Gemiddeld 2001-2004 | ||||
---|---|---|---|---|---|---|
Tyd | Opbrengs | Relatiewe afwykings | Opbrengs | Relatiewe afwykings | Opbrengs | Relatiewe afwykings |
3 week April | 0.00 | 0% | 0.68 | 3% | 1.11 | 5% |
4 week April | 0.64 | -14% | 0.69 | 5% | 1.07 | 1% |
1 week Mei | 0.58 | -23% | 0.51 | -22% | 0.98 | -8% |
2 week Mei | 1.90 | 154% | 0.50 | -23% | 1.25 | 18% |
3 week Mei | 0.00 | 0% | 0.00 | -100% | 0.00 | -100% |
4 week Mei | 0.00 | 0% | 0.00 | -100% | 0.00 | -100% |
1 week Junie | 0.00 | 0% | 0.90 | 38% | 0.90 | -15% |
Basis opbrengs | 0.75 | 0.65 | 1.06 |
Die beste gemiddelde opbrengs in 2004 is volgens Tabel 11 verkry deur twee deelnemers wat tussen 4 en 5kg canola per hektaar gesaai het. Die tweede beste gemiddelde opbrengs is verkry deur vier deelnemers wat tussen 5 en 6kg canola per hektaar gesaai het. Oor die langtermyn byk dit dat, indien daar tussen 4 en 6kg canola per hektaar gesaai word, die kanse goed is vir 'n goeie canola oes.
2003 | 2004 | Gemiddeld 2001-2004 | ||||
---|---|---|---|---|---|---|
kg/ha | Opbrengs | Relatiewe afwykings | Opbrengs | Relatiewe afwykings | Opbrengs | Relatiewe afwykings |
41-1.9 | 0.00 | 0% | 0.00 | -100% | 0.00 | -100% |
2-2.9 | 0.00 | 0% | 0.00 | -100% | 1.72 | 63% |
3-3.9 | 0.50 | -33% | 0.67 | 3% | 1.02 | -4% |
4-4.9 | 1.13 | 51% | 0.80 | 23% | 1.16 | 10% |
5-5.9 | 0.53 | -30% | 0.78 | 20% | 1.11 | 5% |
6+ | 0.64 | -15% | 0.51 | -23% | 0.75 | -29% |
Basis opbrengs | 0.75 | 0.65 | 1.06 |
Indien daar na die gemiddelde opbrengste van die verskillende plantestande (Tabel 12) gekyk word, blyk dit asof plantestand nie die saadopbrnegs tydens 2004 beïnvloed het nie. Die langtermyn plantestand wat die beste gedoen het, was egter tussen 40 en 49 plante/m2. Dit is egter moeilik om plantestand te beheer, maar oor die algemeen kan 1kg saad ongeveer 10 plante/m2 laat vestig.
2003 | 2004 | Gemiddeld 2001-2004 | ||||
---|---|---|---|---|---|---|
Plante per m² | Opbrengs | Relatiewe afwykings | Opbrengs | Relatiewe afwykings | Opbrengs | Relatiewe afwykings |
1-9 | 0.00 | 0% | 0.00 | -100% | 0.00 | -100% |
10-19 | 0.36 | -53% | 0.78 | 19% | 0.53 | -50% |
20-29 | 0.60 | -20% | 0.98 | 50% | 1.08 | 2% |
30-39 | 0.86 | 15% | 0.49 | -26% | 0.98 | -8% |
40-49 | 1.90 | 154% | 0.85 | 30% | 1.54 | 45% |
60+ | 0.50 | -33 | 0.57 | -13% | 0.78 | -27% |
Basis opbrengs | 0.75 | 0.65 | 1.06 |
Onkruidbeheer
Onkruid druk van veral breëblaar onkruide is 'n al groter wordende probleem. Ramenas, dubbeltjie en kiesieblaar is moeilik om te beheer in canola en ook in koring. Daar bestaan 'n vermoede dat ramenas en dubbeltjie weerstand-biedendheid begin toon teen onkruiddoders. Sommige van die deelnemers kon net die grasse beheer en is oesverliese dus deur breëblaar onkruide veroorsaak. Alhoewel die meeste produsente hulle grasse maklik in canola kan beheer is daar sekere grasse, veral raaigras wat op sekere plekke baie weerstandbiedend is, veral in die Malmesbury – Durbanville omgewing. Produsente moet dus deeglik bewus wees van sy kamp se onkruid geskiedenis voordat hy canola vestig.
Oor die algemeen is goeie onkruidbeheer verkry deur die deelnemers. Enkele deelnemers het hulle onkruide te laat bespuit en die onkruide het stadig gevrek. Die agt deelnemers wat triasienbestande cultivars gesaai het, het oor die algemeen goeie beheer gekry en dit lyk nou asof die boere die metode van simasien toediening begin verstaan. By twee produsente het die grasse weer later opgekom en is dit met 'n grasdoder beheer. Vier van die deelnemers het hulle onkruide met Cysure beheer waarvan een nie goeie beheer gekry het omdat hy te laat gespuit het.
Plaagbeheer
Wat plaagbeheer betref is daar basies vier plae wat canola teister naamlik Sandmyte in die saailing stadium, plantluise in die blomstadium en bolwurm en koolmot in die peulstadium.
In die Suid-Kaap het canola produsente redelik probleme met "krimpvarkies", "koffiepitte" en slakke gehad maar blykbaar was die Swartland te droog en warm vir hierdie insekte en was dit net plantluise en koolmot wat 'n probleem was. Die koolmotte se larwes, wat veral op die peule voed, se populasie was weereens baie hoog tydens die peulvul stadium en van die deelnemers het skade gely omdat hulle nie wou spuit as gevolg van die droë toestande tydens daardie periode.
Tipies van 'n droë jaar het feitlik al die deelnemers behalwe een, insekte-beheer toegepas, selfs ook in die meer hoër reënval gebiede waar tradisioneel minder insekbeheer toepas word. Bolwurm beheer het die kostes van insekbeheer verhoog veral omdat dit al begin weestand bied teen die sipermetrien. Daar is ook 'n tendens by boere om van duur saadbehandelings middels gebruik te maak, wat tot R54.00/ha kos. Of dit effektief is, sal nagevors moet word. Wat swamme betref was daar redelik probleme met swartstam in die Suid-Kaap terwyl daar geen probleme in die Swartland was nie. Boere moet egter versigtig wees om nie die periode tussen canola op dieselfde land te verkort nie, want met 'n vroeë en nat jaar in die Swartland kan swartstam ernstige verliese veroorsaak.
Kosteberekening
Om die bruto marge per hektaar van die produk op die plaas gelewer te bereken, is die werklike pryse van insette soos deur die boer betaal geneem. Die gevoel is dat indien 'n boer byvoorbeeld kunsmis goedkoop in die hande kan kry hy meer winsgewend met canola kan boer en daarom moet dit in die kompetisie syfers weerspieël word. Waar 'n boer nie die werklike prys van die insette kon gee is die lysprys van 'n produk gebruik. Met die kosteberekenings van werktuie en bewerkings is gebruik gemaak van die "Guide to Machinery Costs, Directorate of Communication" van die Departement Landbou. Die prys van canola wat vir die berekeninge gebruik word is ook die werklike prys wat die boer vir sy produk gekry het. 'n Opsomming van die Bruto marges word geïllustreer in Tabel 13. In Tabel 14 word 'n opsomming gegee van die deelnemers se verbouings praktyke.
Boer | 1 | 2 | 3 | 4 | 5 | 6 | 7 | 8 |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Opbrengs (ton/ha) | 0.60 | 0.43 | 0.47 | 1.49 | 0.50 | 0.97 | 1.10 | 0.25 |
Prys (Rand/ton) | 1760 | 1707 | 1770 | 1770 | 1770 | 1700 | 1760 | 1750 |
Bruto produksie waarde | 1116 | 771 | 732 | 2652 | 790 | 1764 | 2046 | 463 |
Direk toedeelbare uitgawes | ||||||||
Saad | 177 | 221 | 162 | 164 | 144 | 102 | 137 | 207 |
Bemesting | 444 | 416 | 649 | 792 | 477 | 525 | 717 | 234 |
Onkruidbeheer | 277 | 104 | 274 | 352 | 270 | 67 | 219 | 105 |
Swam- en insektebeheer | 37 | 7 | 67 | 13 | 22 | 21 | 26 | 15 |
Bewerking | 344 | 301 | 259 | 401 | 312 | 297 | 313 | 179 |
Rente op produksiekoste | 124 | 106 | 144 | 167 | 122 | 94 | 147 | 70 |
Totale direk toedeelbare koste | 1406 | 1155 | 1566 | 1779 | 1346 | 1106 | 1660 | 710 |
Marge na direk toedeelbare koste | -290 | -374 | -734 | 764 | -456 | 657 | 376 | -347 |
Nie direk toedeelbare koste | 533 | 566 | 577 | 616 | 472 | 559 | 703 | 424 |
Totale koste | 1939 | 1722 | 2153 | 2505 | 1717 | 1665 | 2444 | 1234 |
Marge na gespesifiseerde koste | -723 | -940 | -1321 | 147 | -927 | 99 | -317 | -772 |
Boer | 9 | 10 | 11 | 12 | 13 | 14 | 15 | 16 |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Opbrengs (ton/ha) | 0.5 | 1.06 | 0.75 | 0.90 | 0.11 | 0.01 | 0.50 | 0.70 |
Prys (Rand/ton) | 1700 | 1770 | 1730 | 1760 | 1700 | 1700 | 1700 | 1750 |
Bruto produksie waarde | 900 | 1777 | 1556 | 1574 | 205 | 17 | 900 | 1295 |
Direk toedeelbare uitgawes | ||||||||
Saad | 104 | 149 | 179 | 235 | 179 | 190 | 107 | 113 |
Bemesting | 702 | 640 | 666 | 461 | 304 | 497 | 1347 | 563 |
Onkruidbeheer | 114 | 73 | 216 | 277 | 50 | 137 | 277 | 107 |
Swam- en insektebeheer | 32 | 34 | 45 | 21 | 52 | 1 | 72 | 39 |
Bewerking | 254 | 244 | 447 | 320 | 221 | 176 | 163 | 295 |
Rente op produksiekoste | 123 | 107 | 133 | 123 | 75 | 110 | 163 | 97 |
Totale direk toedeelbare koste | 1329 | 1249 | 1606 | 1437 | 770 | 1109 | 2142 | 1215 |
Marge na direk toedeelbare koste | -429 | 637 | -50 | 147 | -674 | -1091 | -1242 | 70 |
Nie direk toedeelbare koste | 465 | 547 | 690 | 427 | 431 | 423 | 400 | 411 |
Totale koste | 1795 | 1797 | 2296 | 1764 | 1311 | 1532 | 2541 | 1626 |
Marge na gespesifiseerde koste | -795 | 90 | -740 | -270 | -1106 | -1514 | -1641 | -331 |
Wenners en naaswenners
Hoogste opbrengs | Paul Truter |
Beste Bruto Marge | Paul Truter |
Opbrengs (Tweede) | André Brink |
Bruto Marge (Tweede) | Dirk Lesch |
Ek wil graag ons Borge bedank vir hulle ondersteuning, belangstelling en hulp waarsonder die kompetisie nie kon klaarkom. Ek wil ook my medewerkers Charl van der Merwe en Gert Conradie bedank vir die rekenaarwerk. Dan wil ek ook vir Tulia George bedank vir die druk van die buiteblad en bind van die inligtingstuk, en Jossie Kotze van Swartland LOS vir die tikwerk en Henk Cerfonteyn vir die reënvalverspreidingsgrafieke. Mnr Mike Wallace het die reëvalverspreidingskaart gedruk.
Hoofborge
Proteïennavorsingstigting (PNS) en Departement van Landbou: Wes-Kaap.
Pryse
PNS (Hoogste Opbrengs) | AGRICOL (Naas-hoogste Opbrengs) |
PNS (Beste Bruto Marge) | AGRICOL (Naas-beste marge) |
CBK (Skild vir Hoogste Opbrengs) | PNS (Skild vir Hoogste Bruto Marge) |
Enquiries
Directorate Plant Sciences, Department of Agriculture Western Cape
Private Bag, Elsenburg 7607 T. 021 808 5321 E. piet.lombard@westerncape.gov.za
Editors
PJA Lombard J Bruwer Franco le RouxSponsored by the Protein Research Foundation