OPDT   OIL & PROTEIN SEEDS DEVELOPMENT TRUST
OAC   OILSEEDS ADVISORY COMMITTEE

OPDT
OIL & PROTEIN SEEDS DEVELOPMENT TRUST

OAC
OILSEEDS ADVISORY COMMITTEE


Canolafokus 50   Mei 2012

Paspoort

Saamgestel deur Franco le Roux
(SOILL)

Wat is die doel van die paspoort stelsel vir canola?

As die woord paspoort genoem word, dan sak menigte produsente se moed tot in hul skoene, maar dit is nie noodwendig nodig nie. SOILL is tans HACCP gesertifiseer en voldoen dus aan streng voedselveiligheid standaarde, 'n besliste vereiste van die sisteem is die bewyslewering van die afwesigheid van chemiese spuitmiddel residu op alle inkomende saad. Die Canola paspoort sisteem spreek dus hierdie aspek aan en dien as bewyslewering daarvan. Dit is dus ekstra administratiewe werk vir die produsent asook vir SOILL, maar die hele proses dra by tot die strewe om vir u as produsent die bes moontlike prys te bepaal vir u produk. Verdermeer wil ons deur middel van die paspoort stelsel druk plaas op chemiese verskaffers om meer produkte te registreer op canola, aangesien daar tans baie min produkte is wat geregistreer is (Tabel 1).

Wat behels die paspoort vir u as produsent?

Verskaf die kampnommer op die paspoort asook die nodige inligting wat gevra word op die paspoort (kontaknommers, e-pos adres, plaasnaam, chemiese agent betrokke ensovoorts).

Met elke bespuiting van elke kamp, teken die produk wat gespuit is aan op die paspoort, vul die registrasie nommers van die betrokke produk in, asook die hoofsaaklike rede waarvoor die produk gespuit is (byvoorbeeld snywurm, bolwurm, onkruid ensovoorts).

Middels tans wat 'n registrasie op canola het is die volgende

Canola Paspoort 2012 – soos op 20 April 2012

Finale bewys van registrasie is steeds verantwoordelikheid van vervaardiger. Produsente is steeds verantwoordelik vir die regte gebruik van middels soos op middels se etikette aangebring is en dra die volle verantwoordelikheid daarvan.

Tabel 1: Insekmiddels
Naam Aktief Konsentrasie Maatskappy Reg No
Bulldock 125 EC Beta-siflutrin (piretroied) 125g/L Bayer CropScience L7612
Klartan 240 EW Tau-fluvalinaat (piretroied) 240g/L Makhteshim-Agan L5096
Mospilan 20 SP Asetamipried (asetamidien) 200g/kg Plaaskem L5899
Decis Forte (all crops) Deltamethrin (piretroied) 40ml/ha Bayer CropScience L6563
AG-Deltamethrin 25EC (all crops) Deltamethrin (piretroied) 25g/L AG-Chem L8492
Alpha Thirin 100 SC (all row crops - snywurms) Alfa sipermetrien (piretroied) 100g/L Villa Crop Protection (Pty) Ltd L7425
AG-Lambda 50EC (all crops - snywurms) Lambda-sihalotrin (piretroied) 50g/L AG-Chem L8472
Lambda-cyhalotrin (verskeie produkte met "all crops" registrasie vir snywurms) Lambda sihalotrin (piretroied)
Sipermetrien (verskeie produkte met "all crops" registrasie vir snywurms) Sipermetrien (piretroied)
Alfa sipermetrien (verskeie produke met "all crops" registrasie vir snywurms) Alfa sipermetrien (piretroied)
Onkruidmiddels
Naam Aktief Konsentrasie Maatskappy Reg No
Agil 100 EC Propaquizafop (ariel-oksifenoksie propionaat) 100g/L Makhteshim-Agan L4694
Aramo 50 Tepraloksidim (sikloheksinoon) 50g/L BASF L7717
Atranex 90 WG Metazachlor (asetanilied) 900g/kg Makhteshim-Agan L8138
Butisan S Metazachlor (asetanilied) 500g/L BASF L2449
Co-Pilot Quizalofop-P-etiel 100g/L Sumitomo Corp L7110
Crew CR A Nufarm Trifluralin (dinitroanilien) 330g/L Nufarm Agriculture (Pty) Ltd L7278
Cysure Imasamoks (imidasolinoon) 40g/L BASF L5779
Focus Ultra (nie op eie geregistreer - mengbaar met Lomex) Sikloksidim (sikloheksenoon) 100g/L BASF L4319
Gallant Super Haloksifop-R metielester 108g/L Dow AgroSciences L4962
Kerb 500 WP Propisamied (bensamied) 500g/kg Dow AgroSciences L0495
Kerb Flo 400 SC Propisamied (bensamied) 400g/L Dow AgroSciences L4065
Lomex 75 DF Etametsulfuronmetiel (sulfonielureum) 750g/kg Nulandes L7260
Lontrel 100 SL Klopiralied (piridien verbinding) 100g/L Dow AgroSciences L4919
Pantera Kwisalofop-P-tefuriel (arieloksiefenoksie propionaat) 40g/L Crompton Chemical L6451
Scorp Haloksifop-R metielester 108g/L Meridian L7764
Simanex 500 SC Simasien (triasien) 490g/L + 10g/L verwante triasiene Makhteshim-Agan L5335
Simazol 500 SC Simasien 500g/L Chempac L5672
Sultan 500 SC (nie op eie geregistreer - wel in kombinasie met Tylsimex) Metazachlor 500g/L Makhteshim-Agan L6892
Triflurex 480 EC Trifluralin (dinitroanilien) 480g/L Makhteshim-Agan L5350
Tylsimex 90 WG Terbutilasien/Simasien (triasien) 450g/kg + 450g/kg Makhteshim-Agan L8191
Tylsimex 500 SC Terbutilasien & verwante triasiene / Simasien & verwante triasiene 287g/L + 213g/L Makhteshim-Agan L6805
TriflurXcel 500 Nufarm Trifluralin (dinitroanilien) 500g/L Nufarm Agriculture (Pty) Ltd L8841
Slakpille
Naam Aktief Konsentrasie Maatskappy Reg No
Moer-Tu Metaldehyde + Methiocarb 10g/kg +5g/kg AgChem Africa L7989
Mesurol RB (all crops) Methiocarb & Methaldehyde 10g/kg + 5g/kg Bayer CropScience L4192
Makhro Slakke Methaldehyde + Carbaryl 30g/kg + 20g/kg Makhteshim-Agan L7095
Sluggem Methaldehyde + Carbaryl 20/30g/kg Orchard Suppliers L0084
Speedy Metaldehyde + Carbaryl 30 + 20g/kg Ag-Chem L8097
Snailspray Metaldehyde + Carbaryl 120 + 80g/L Ag-Chem L7894
Sluggit Methaldehyde 15g/kg Orchard Suppliers L6660
Makhro Slaklokaas Methaldehyde 15g/kg Makhteshim-Agan L7096
Saadbehandeling
Naam Aktief Konsentrasie Maatskappy Reg No
Cruiser OSR Tiametoksam + Fludioksiniel + Mefenoksam 280 + 8 + 33.3g/L Syngenta
Canolapak (Soygrow) Thiram 750g/kg Soygrow

SOILL kan nie verantwoordelik gehou word indien sekere produkte uitgelaat is nie - alle produkte aangedui soos ontvang van verskaffers op versoek.

Produsente word verder aangemoedig om nie te wag tot oestyd voor die paspoort ingevul word nie, aangesien tyd gedurende oestyd baie beperk is, dus word daar aanbeveel dat die paspoort ingevul word soos wat bespuitings plaasvind. Daar word op die eerlikheid en integriteit van produsente staat gemaak ten opsigte van die korrekte voltooiing van die paspoort ten opsigte van middels gespuit.

Daar moet opgelet word dat geen canola afgelaai sal word sonder dat 'n volledig ingevulde paspoort ontvang is nie, die paspoort kan by SOILL self ingehandig word, of by die werwingsagente, of by silo eienaars. Daar word gevra dat die paspoort twee weke voor lewering ingehandig sal word (geen bespuitings behoort op daardie stadium meer vereis te word nie). Die rede vir so vroeg is om te verseker dat julle oesproses sonder frustrasie en oppenhoud sal verloop deurdat geen vragmotor moet staan en wag vir 'n vrag wat afgelaai moet word nie as gevolg van kontrakte wat nie geaktiveer is nie omrede die paspoort nie ingevul is en ingehandig is nie.

Die registrasie van produkte is, en bly 'n groot probleem asook 'n langsame proses, maar ons doen die beroep by produsente om slegs handelsname wat wel geregistreer is te spuit op alle aanplantings. SOILL sal deurentyd kommunikeer met produsente indien dit blyk dat nuwe produkte geregistreer word deur die loop van die seisoen, maar produsente se chemiese agente behoort ook op hoogte te wees van enige verwikkelinge.

Canola land wat bespuit word
Maandelikse en jaarlikse reënval by Langgewens vir 2017 en langtermyn
Voorbeeld van canola paspoort vorm

Die paspoort vorm is beskikbaar by SOILL self en sal ook versprei word sover as moontlik na graan werwers, handelaars en silo eienaars. Vir meer navrae kontak Franco le Roux, 028 514 3441.


Kommentaar ten opsigte van die beheer van onkruide

deur Chris Cumming
(PNS)

Saailingafsterf tydens vestiging kan groot verliese by canola veroorsaak (Figuur 1). Dit is bekend dat 80-100% van saailinge besmet kan word en opbrengs verliese van tot 30% is in die buiteland aangemeld. In Suid-Afrika wissel die persentasie saailingafsterf in verskillende gronde. Figuur 2 toon saailingafsterf in grond met 'n hoë sowel as 'n lae natuurlike inokulumvlak van die veroorsakende patogene.

Net soos in die uitvoer vrugtebedryf waar GlobalGap ingestel is om as waarborg te dien dat internasionale aanvaarbare landboupraktyke gebruik word, is die Canola paspoort noodsaaklik om (tans) binnelandse bemarkers van canola produkte van 'n gehalte produk te waarborg. Die voltooiing van die paspoort bied vir die produsent iets wat die meeste nie tot hulle beskikking het nie – geskeidenis van produkgebruik en waardevolle inligting ten opsigte van watter stelsels suksesvol is al dan nie (byvoorbeeld met betrekking tot onkruidbeheer).

Dit is dus in die produsent se eie belang om akkurate, deeglike rekord te hou van wat gespuit is. Kennis en inligting (soos geskiedenis) is onontbeerlik om 'n sukses van gewasproduksie te maak.

Onkruiddoders in canola

Ek het die voorreg gehad om onlangs gesprek te voer met 'n groep uitsoek canola produsente en, soos gewoonlik, baie meer by hulle geleer as andersom.

Hoekom gebruik meer produsente nie trifluralien (trif) in die canola fase eerder as in die graan fase? Trif is veilig op canola (geen risiko soos in graan van standverlies) en kan breedwerpig gespuit word, dus nie die probleem van onkruide in die plantry nie. Verkieslik moet trif voor plant gespuit en liggies ingewerk word (met 'n tweerigting dis of 'n geskikte tandimplement). Omdat trif deur UV strale afgebreek word, is dit belangrik dat dit met grond bedek word. Hoe deegliker dit vermeng word, hoe beter sal die onkruidbeheer wees. Die problem is egter dat bewaringsboere nie so 'n bewerking wil uitvoer nie. Die Swartland boer wil 'n lagie plantreste op die oppervlakte los om die grondlewe te beskerm teen uiters hoë temperature gedurende die somer. Trif bind baie vas aan enige organise material (plantreste ingesluit) en sal nie deur reën afgewas word nie. As daar 'n goeie bedekking op die oppervlakte voorkom sal min trif die grond bereik, wat tot swak beheer sal lei. Die dilemma is dus: wat is vir die produsent belangriker – 'n goeie deklaag wat die gebruik van trif in canola uitskakel ... of goeie grasbeheer teen 'n ekonomiese prys wat die verbouing van die opvolg graangewas vergemaklik?

Nog 'n vraag is: wat kan ek met trif meng om die spektrum onkruide wat beheer word te vergroot?

Een opsie, net waar triasien tolerante cultivars verbou word, is om atrasien saam met die trif te spuit. Dit sal goeie breëblaar onkruid beheer gee en sal ook bydra tot beter grasbeheer. En wat van Kerb saam met trif? Ek sal dit nie aanbeveel nie, want verkieslik wil mens 'n lagie Kerb op die oppervlakte hê wat deur vog geaktiveer word. Deur om dit saam met trif in te werk sal die Kerb se werking nadelig beinvloed. Nog belangriker, Kerb kan canola se ontkieming nadelig beinvloed indien dit vooropkoms van canola toegedien word. Die beste resultate met Kerb word verkry indien dit na die tweeblaar stadium van die gewas, maar voor die grasse die 3 blaar stadium oorskry het, gespuit word.

Een nuttige wenk wat ek opgetel het was die volgende

In plaas van om atrasien eerste (met of vroeg na plant) te spuit, kan 'n selektiewe eenjarige grasdoder eerste na-opkoms gespuit word (indien fop en/of dim weerstand nie alreeds 'n probleem is nie) om alle vroeg ontkiemende grasse dood te spuit. Die atrasien word dan later, sodra die tweede 'flush' onkruide begin ontkiem, gespuit word wat dan enige verdere grasse sowel as die breëblaaronkruide sal beheer. Om so te spuit bied dit die canola kans om 'n goeie blaarkoepel te vorm wat die grond bedek voor enige verdere onkruide kan ontkiem. Deur die atrasien 'n bietjie later toe te dien verhoog ook die kanse van reën tydens toediening wat noodsaaklik is vir doeltreffende beheer.


Enquiries

Directorate Plant Sciences, Department of Agriculture Western Cape
Private Bag, Elsenburg 7607   T. 021 808 5321   E. piet.lombard@westerncape.gov.za

Editors

PJA Lombard   J Bruwer   Franco le Roux

Sponsored by the Protein Research Foundation


Subscribe to this newsletter