2021 articles
Soybean for Human Consumption Symposium 2021
OPDT/OAC — 2021-08-24
Join us for insightful presentations on soybean production, the economic environment, soybean processing and the application of soybeans for human consumption. The Symposium will consist of four sessions, covering topics such as agronomy, soybean disease challenges, transformation, soybean consumption, extrusion and processing, trade, value addition, improving soybean products and much more.
16 September 2021
VENUE: VIRTUAL EVENT (link will follow)
REGISTER & RSVP VIEW PROGRAMME
ANNOUNCEMENT //
PRF Canola Yield Competition 2021PROTEIN RESEARCH FOUNDATION — 2021-07-26
Kindly note that the PRF Canola Yield Competition will continue this season but in a different format. Information in this regard will be provided during the first week of August 2021.
GRAANTRUSTS ondersteun volhoubaarheid – Deel 2: Olie- en Proteïensade Ontwikkelingstrust (OPOT)
OPDT/OAC — 2021-06-01
Die Olie- en Proteïensade Ontwikkelingstrust is op 18 September 1997, met spesieke verwysing na canola, sonneblom, sojabone en grondbone, geregistreer met die hoofdoelwit om die oliesadebedryf in Suid-Afrika te bevorder en te ontwikkel.
"Dit beteken dat beide die kapitaal en inkomste van die trust slegs gebruik word vir die befondsing van projekte wat versoenbaar is met die doelstellings van die trust en in die belang van die olie- en proteïensaadbedryf," sê die trustadministrateur, mnr Gerhard Keun.
Die doelstellings van die trust behels onder andere:
- Die finansiering van navorsingsprojekte ten opsigte van die verbetering, produksie, berging, verwerking of bemarking van oliesade;
- die finansiering vir die voorsiening van inligting en adviesdienste aan die oliesaadbedryf ten opsigte van die produksie van oliesade en bemarking;
- die belegging en bewaring van die bates van die trust;
- die produktiewe benutting van die bates van die trust sodat die werklike waarde daarvan sover as moontlik gehandhaaf of vermeerder word; en
- die finansiering van marktoegang of enige ander optrede wat in die belang van die olie- en proteïensaadbedryf is, mits dit in ooreenstemming is met die doelwitte van die wet.
Benewens die trust is daar ook 'n Oliesade Advieskomitee. Dié komitee adviseer die trust oor projekte wat in die belang van die bedryf gefinansier moet word bestaande uit verteenwoordigers uit die oliesadebedryf.
Die hoofdoelwitte van die komitee is: Die lewering van advies aan die trustees van die Olie- en Proteïensade Ontwikkelingstrust ten opsigte van die aanwending van sy fondse ten bate van die olie- en proteïensaadbedryf; om aanbevelings aan alle belanghebbende partye in die olie- en proteïensaadbedryf te doen; en die aanstelling van trustees in die Olie- en Proteïensade Ontwikkelingstrust.
Die trust en advieskomitee beskik ook oor 'n navorsingsdatabasis wat gereeld hersien word met nuwe navorsingsdokumente. Fondse word ook jaarliks deur die trust beskikbaar gestel vir beurse om verdienstelike kandidate te help om 'n magister- of doktorsgraad te verwerf. Voorts stel die trust jaarliks inkomste- en kostebegrotings saam ten opsigte van oliesade asook vir geselekteerde mededingende gewasse binne die somerreënvalgebiede. Dié inligting is bedoel om as riglyn gebruik te word deur bestaande of potensiële produsente van hierdie gewasse. Dit kan vergelyk word met 'n produsent se eie syfers. Aanpassings kan gemaak word ten opsigte van pryse en opbrengste asook die verskillende kostepunte om die situasie op 'n bestaande plaas te simuleer. Hierdie inligting is beskikbaar op die webwerf https://www.opot.co.za.
2021 Groundnut Information & Discussion Days
OPDT/OAC — 2021-03-17
All groundnut producers, selection plants, processors and traders are invited to come listen and contribute at any of the following events:
| 29 March | 14h00 | Setlagole "Boeresaal" |
| 30 March | 10h00 | Uurpan Lodge, Schweizer-Reneke |
| 31 March | 10h00 | The Venue, Hartswater |
| 1 April | 10h00 | Hoopstad "Boeresaal" |
On the agenda are matters such as
- statutory levies
- breeder seed, cultivar trials and ARC collaboration
- structuring within the industry
- market information
- import levies
- statutory local market inspections
Your participation and contribution are of great importance in drawing up our 2021/22 groundnut map.
ADRI BOTHA (Chairperson) | SA Groundnut Forum
groundnutforum@opot.co.za or 082 376 5940



