OPDT   OIL & PROTEIN SEEDS DEVELOPMENT TRUST
OAC   OILSEEDS ADVISORY COMMITTEE

OPDT
OIL & PROTEIN SEEDS DEVELOPMENT TRUST

OAC
OILSEEDS ADVISORY COMMITTEE


Canolafokus 25   Februarie 2005

Canola cultivarevaluasie: Wes- en Suid-Kaap 2004

DJ Hanekom, P Lombard en H De Wet

Inleiding

Klimaatstoestande in die Swartland tydens die 2004 seisoen was weereens uiters ongunstig vir gewasproduksie oor groot dele van die gebied. Baie lae reënval het oor groot dele van die gebied voorgekom en het gelei tot swak opbrengste. Die 2004 seisoen het ook buitengewone hoë voorkoms van bolwurms en ruitrugmot gesien en van die produsente moes 'n tweede keer spuit.

Alhoewel toestande in die Suid-Kaap nie so gunstig vir gewasverbouing was nie, is daar tog redelike oeste in die meerderheid gebiede van die Suid-Kaap behaal. Ook hier was die voorkoms van ruitrugmot 'n groot probleem.

Oppervlaktes het in 2004 met sowat 7% in die winterreënvalstreek toegeneem, met minder canola wat in die Wes-Kaap aangeplant is, maar meer hektare in die Suid-Kaap in vergelyking met die vorige jaar. Volgens die Canolawerkgroep is na raming sowat 46 300 ha canola in die winterreënsreek aangeplant. Die oppervlaktes (ha) wat gedurende die 2004 seisoen onder canola verbou is, het as volg daaruit gesien:

SSK 15 500
MKB 3 100
BNK 7 000
WPK 7 700
CRK 9 800
Boland Agri 1 700
Tuinroete Agri 1 500

Die Departement Landbou: Wes-Kaap het gedurende die 2004 seisoen 'n reeks cultivar proewe in die Suid- en Wes-Kaap streke uitgevoer. Ses lokaliteite wat strek van Mosselbaai tot Caledon is in die Suid-Kaap streek aangeplant terwyl daar ook ses lokaliteite in die Wes-Kaap van Philadelphia tot Eendekuil geplant is. Die laat koms van reën in die Swartland het tot gevolg gehad dat verskillende plantdatums (vroeg en laat) slegs in die Suid-Kaap by die Tygerhoek proefplaas uitgevoer is. As gevolg van die droogte in die Swartland, is slegs die proewe by Philadelphia, Malmesbury Langgewens en Porterville voltooi. Swak grondvogtoestande en probleme met onkruide het veroorsaak dat die proewe by Caledon, Swellendam en Mosselbaai nie voltooi is nie.

Reënval oorsig

Klimaatstoestande tydens die 2004 seisoen is gekenmerk deur ondergemiddelde reënval wat oor groot dele van die Suid-Kaap tydens planttyd (April tot Junie) voorgekom het. Die uitsondering was die Heidelberg area waar bogemiddelde reënval tydens April tot goeie grondvogtoestande gelei het. In die Swartland het ondergemiddelde reënval oor groot dele van die gebied tot en met Oktober voorgekom. Die reënvalsyfers soos dit by die verskillende gebiede voorgekom het word in figuur 1 getoon.

Agronomiese praktyke

Afgesien van die primêre bewerkings wat deur medewerkers gedoen is, is die proefpersele in die Swartland en Suid-Kaap voor plant met 'n vlak tand bewerk ten einde 'n fyn, gelyke saadbed te verseker. Die proewe is geplant met 'n Wintersteiger perseelplanter. Die duisendkorrel massa en ontkiemings% van elke cultivar is bepaal en saaidigthede is bereken ten einde 'n mikpunt van meer as 70 plante/m² te verseker.

Alle bemesting is toegedien volgens grondontledings wat by elke proefperseel geneem is. Stikstofbemesting is volgens aanbeveling gedoen en is aangepas volgens grondtipe en reënvalsyfers en het gewissel van 85 tot 100 kg N/ha wat as standaard in drie paaiemente (plant, roset en stingelverlenging) toegedien is. As standaard is molibdeen tydens die roset-stadium togedien asook 'n boor bespuiting teen die einde van die stamverlengingsfase.

Onkruidbeheer, waar nodig, is volgens onkruidspesie en –druk toegepas. Hoofsaaaklik is daar gebruik gemaak van 'n voorsaai bespuiting met Butisan S (metazachlor) gevolg deur naopkomsbeheer met Focus Ultra (cycloxydim) en Lomex (etametsulfuron-metiel). Die beheer van insekte het hoofsaaklik bestaan uit 'n bespuiting met plant teen rooibeensandmyt en lusernerdvlooi, gevolg deur bespuitings later in die seisoen vir die beheer van plantluise, ruitrugmotte en bolwurms. Die middels wat gebruik is, was Dimet (dimetoaat) – 750ml/ha, Thioflo (endosulfan) – 1l/ha en Dursban (chlorpiriphos) – 100ml/100l. Geen swambeheer is op canola toegepas nie.

Met rypwording is persele direk gestroop met 'n Wintersteiger perseelstroper, waarna die saad skoongemaak en toegelaat is om 'n resulterende vogpersentasie te bereik voordat dit geweeg is.

Resultate

As gevolg van ernstige vogstremmings toestande wat tydens 'n groot gedeelte van die seisoen in die Swartland geheers het, is swak opbrengs oor die algemeen tydens die 2004 seisoen behaal. In die Koeberg en Malmesbury distrikte, was die reënval verspreiding meer gunstig en is proefgemiddeldes van onderskeidelik 1.64 en 1.78 t/ha behaal. By hierdie lokaliteite het veral die cultivars Spectrum en 46C04 beïndruk. Goeie opbrengste is behaal van Varola 44, ACG 103 en Tornado 555 TT. In die dele waar die reënval heelwat swakker was (Langgewens en Porterville) is proefgemiddeldes van minder as 'n ton per hektaar behaal. Beide Hyola 61 en Outback het egter by hierdie lokaliteite beter gevaar.

Toestande in die Rûens en Suid-Kaap was beslis beter en redelik goeie opbrengste is behaal. Die hoogste proefgemiddelde van 1.98 t/ha is by die Napier lokaliteit behaal, waar opbrengste gewissel het van 1.67 t/ha (Varola 600 TT) tot 2.23 t/ha (Spectrum). Goeie opbrengste is ook by die Heidelberg lokaliteit (proefgem = 1.67 t/ha) behaal met die cultivar Hyola 61 wat die beste gevaar het met 'n opbrengs van 2.06 t/ha. Die vroeë aanplantings op Tygerhoek het aansienlik beter gevaar as die laat aanplanting. Dit kan hoofsaaklik toegeskryf word aan vogstremmings toestande wat hier tydens die middel van die seisoen geheers het en wat vermoedelik die kleiner plantjies van die later aanplanting meer beïnvloed het. By die eerste aanplanting is 'n proefgemiddelde van 1.48 t/ha behaal met die teellyn AGC103 wat die beste opbrengs van 1.82 t/ha gelewer het.

Figuur 2: Philadelphia (Boterberg)
Opbrengs van canola kultivars by die Philadelphia lokaliteit gedurende 2004 (KV% = 23.01% KBV = 0.631 – Plantdatum = 13/05/2004)
Figuur 2: opbrengs van canola cultivars by Philadelphia (Boterberg)
Figuur 3: Malmesbury (Grasrug)
Opbrengs van canola kultivars by die Malmesbury lokaliteit gedurende 2004 (KV% = 17.74% KBV = 0.505 – Plantdatum = 27/05/2004)
Figuur 3: opbrengs van canola cultivars by Malmesbury (Grasrug)
Figuur 4: Moorreesburg (Langgewens)
Opbrengs van canola kultivars by die Langgewens lokaliteit gedurende 2004 (KV% = 32.59% KBV = 0.511 – Plantdatum = 27/05/2004)
Figuur 4: opbrengs van canola cultivars by Moorreesburg (Langgewens)
Figuur 5: Porterville (Keerom)
Opbrengs van canola kultivars by die Porterville lokaliteit gedurende 2004 (KV% = 20.74% KBV =0.276 – Plantdatum = 12/05/2004)
Figuur 5: opbrengs van canola cultivars by Porterville (Keerom)
Figuur 6: Riviersonderend (Tygerhoek Saaityd 1)
Opbrengs van canola kultivars by die Tygerhoek lokaliteit gedurende 2004 (KV% = 9.03% KBV = 0.223 – Plantdatum = 23/04/2004)
Figuur 6: opbrengs van canola cultivars by Riviersonderend (Tygerhoek Saaityd 1)
Figuur 7: Riviersonderend (Tygerhoek Saaityd 2)
Opbrengs van canola kultivars by die Tygerhoek lokaliteit gedurende 2004 (KV% = 14.56% KBV = 0.228 – Plantdatum = 10/06/2004)
Figuur 7: opbrengs van canola cultivars by Riviersonderend (Tygerhoek Saaityd 2)
Figuur 8: Napier (Panorama)
Opbrengs van canola kultivars by die Napier lokaliteit gedurende 2004 (KV% = 7.33% KBV = 0.242 – Plantdatum = 10/05/2004)
Figuur 8: opbrengs van canola cultivars by Napier (Panorama)
Figuur 9: Heidelberg (Hillsdene)
Opbrengs van canola kultivars by die Heidelberg lokaliteit gedurende 2004 (KV% = 9.07% KBV = 0.253 – Plantdatum = 29/04/2004)
Figuur 9: opbrengs van canola cultivars by Heidelberg (Hillsdene)
Figuur 10: Swartland (Boterberg, Grasrug en Langgewens)
Gemiddelde opbrengs van canola kultivars by die Philadelphia, Malmesbury en Moorreesburg lokaliteite gedurende 2004
Figuur 10: opbrengs van canola cultivars by Swartland (Boterberg, Grasrug en Langgewens)
Figuur 11: Rûens (Tygerhoek, Panorama en Hillsdene)
Die gemiddelde opbrengs van canola kultivars by die Riviersonderend, Napier en Heidelberg lokaliteite gedurende 2004
Figuur 11: opbrengs van canola cultivars by Rûens (Tygerhoek, Panorama en Hillsdene)
Figuur 12: Die gemiddelde opbrengs van bestaande (4 en 2 jaar) en nuwe kultivars (2004) by lokaliteite van die Swartland en Rûens
Figuur 12: opbrengs van canola cultivars by Swartland en Rûens
Figuur 13: Die opbrengs van canola kultivars onder aanvullende bepsroeiing in die Oos-Kaap (Bathurst) gedurende die 2004 seisoen
Figuur 13: opbrengs van canola cultivars by Oos-Kaap

DOWNLOAD ISSUE


Enquiries

Directorate Plant Sciences, Department of Agriculture Western Cape
Private Bag, Elsenburg 7607   T. 021 808 5321   E. piet.lombard@westerncape.gov.za

Editors

PJA Lombard   J Bruwer   Franco le Roux

Sponsored by the Protein Research Foundation


Subscribe to this newsletter