OPDT   OIL & PROTEIN SEEDS DEVELOPMENT TRUST
OAC   OILSEEDS ADVISORY COMMITTEE

OPDT
OIL & PROTEIN SEEDS DEVELOPMENT TRUST

OAC
OILSEEDS ADVISORY COMMITTEE


Toekenning van 'n Nagraadse Studiebeurs vir 'n Meesters- of Doktorsgraad: Olie- en Proteïensade Ontwikkelingstrust (OPOT)

Die Olie- en Proteïensade Ontwikkelingstrust (OPOT) stel jaarliks fondse vir beurse beskikbaar, om verdienstelike kandidate by te staan om 'n meesters- of doktorsgraad te behaal. Die doel met die toeken van 'n beurs vir 'n meestersgraad is om studente toe te rus om bekwame navorsers te word, terwyl 'n beurs vir doktorale studies slegs toegeken word aan studente wat reeds hul vermoëns as navorsers bewys het, en waar die studie gerig is op navorsing (verwys riglyne) wat deur die OAK/OPOT as van 'n hoë prioriteit geag word.

Die doel van dié – beurs is om verdienstelike kandidate die geleentheid te bied om 'n Meestersgraad te verwerf wat hul in staat sal stel om 'n bydrae te maak tot hoë gehalte wetenskaplike navorsing in oliesade. Die studie moet 'n hoë vlak van navorsingsbevoegdheid tot gevolg hê. Die vertroue word gestel dat afgestudeerde studente 'n bydrae sal lewer tot die realisering van die doelwitte van die OAK/OPOT.

Studente kan slegs in aanmerking kom vir 'n beurs indien hulle goedgekeurde navorsing doen onder leiding van 'n erkende promotor aan 'n erkende universiteit. Die projek moet 'n belangrike komponent wees van die vereistes vir die nagraadse kwalifikasie.

In geval van 'n meestersgraad word die beurs vir hoogstens twee jaar toegeken, terwyl beurse vir doktorale studies vir hoogstens drie jaar toegeken word. Suksesvolle kandidate kan egter nie aanvaar dat die beurs wel vir die tweede of derde jare van die onderskeie grade toegeken sal word nie. Die beurs word slegs vir daardie jare van studie toegeken indien bewys gelewer word van vordering. Die bewys moet deur die toesighouer voorsien word en bewys van herregistrasie by die universiteit moet saam met die aansoek voor 30 September 2025 by die OAK/OPOT ingedien word.

Universiteite moet asseblief op die volgende let:

  • Aansoeke om OAK/OPOT-beurse mag nie deur individue by die OAK/OPOT ingedien word nie. Slegs aansoeke wat deur universiteite ingedien word, word oorweeg.
  • Die OAK/OPOT versoek dat elke universiteit die aansoeke wat ingedien word moet laat evalueer deur die universiteit se navorsingskantoor. Nuwe aansoeke moet geprioritiseer word en slegs die beste aansoeke moet voor 30 September 2025 by die OAK/OPOT ingedien word.
  • Kliek hier vir die nodige riglyne en aansoekvorms.

Dit sal waardeer word indien hierdie inligting deur die gewone kanale bekend gemaak kan word aan die betrokke personeel en studente.