Canolafokus 6 Maart 2000
Artikel indeks
Bemesting van canola
Die bemesting van canola
Grondsuurheid
Canola is goed aangepas by 'n grond pH (KCl) van tussen 5 en 6, die mikpunt behoort te wees om 'n pH van sowat 5,5 daar te stel.
Verwyderingsyfers van canola vir die vernaamste elemente
Gewas | Stikstof | Fosfor | Swawel |
---|---|---|---|
Canola | 40 | 7 | 10 |
Koring |
Stikstof
Die stikstof behoefte van canola is ongeveer 10 tot 30% hoër as die van koring. Net soos by koring moet reënval, wisselbou, grondtekstuur en opbrengsmikpunt in aanmerking geneem word by die bepaling van die stikstofbehoefte.
By oesverwagtings van bo 2 t/ha kan stikstofbemesting opwaarts aangepas word deur die maksimum waardes in die tabel te verhoog met 30kg N per ha per ton oesverwagting.
Verdeling van stikstofbemesting van canola moet spesiale aandag kry. Op swaarder gronde word 40 tot 60% van die stikstof met saai toegedien en die res tydens die roset stadium (6 weke na opkoms, net voor stam verlenging). Op ligter gronde wat baie loog word 'n verdeling van 40% tydens saai en 60% as bobemesting aanbeveel. Daar mag selfs besluit word om twee bobemestings toe te dien te wete 30 en 65 dae na opkoms onderskeidelik.
Kg N per ha vir canola | ||||
---|---|---|---|---|
Gebied reënval | Opbrengs potensiaal | Lusern goeie stand* | Eenjarige peulgewas of braak | Graanstoppel |
Suid-Kaap (65% winterreëns) | ||||
<420mm | 1.0 t/ha | 10-20 | 30-35 | 45-50 |
450-500mm | 1.5 t/ha | 20-30 | 40-45 | 55-60 |
525+ mm | 2.0 t/ha | 40-50 | 50-55 | 65-70 |
Swartland (83% winterreëns) | ||||
<325mm | 1.0 t/ha | 50-60** | 60-70 | |
350-425mm | 1.5 t/ha | 70-80 | 80-100 | |
450+ mm | 2.0 t/ha | 90-100 | 100-120 |
* Lusern weiding waarin grasse beheer is.
** Hoër waarde van toepassing op ligter gronde.
Fosfor
'n Grondfosfor waarde van 30mg/kg volgens die sitroensuur- en 20mg/kg vir die Bray 1-metode word as uitgangspunt voorgestel. By laer of hoër ontledings word aanpassings soos vir koring gemaak met inagneming van die faktore wat opbrengspotensiaal bepaal.
Fosfor status van die grond (mg/kg) | ||
---|---|---|
Sitroensuur | Bray 1 | P bemesting (kg P/ha) |
10 | 6 | 30 |
15 | 10 | 27 |
20 | 14 | 24 |
25 | 17 | 21 |
30 | 20 | 18 |
35 | 24 | 18 |
40 | 28 | 15 |
45 | 31 | 15 |
50 | 34 | 15 |
50+ | 34+ | 0 |
Kalium
Kalium status van die grond (mg/kg) | K-bemesting (kg/ha) |
---|---|
<50 | 40 |
50-80 | 20 |
>80 | 0-20 |
Swawel
Die swawel behoefte van canola is ongeveer vier maal so hoog as dié van koring en spesiale aandag moet dus aan hierdie aspek in die bemestingsprogram gegee word. Daar word algemeen aanvaar dat die swawelbehoefte van canola 15 tot 20kg S/ha/jaar is. Sanderige grond is normaalweg arm aan swawel en swawel behoort dus saam met stikstof as bobemesting gedurende die groeiseisoen toegedien te word. Die swawel behoefte sal ook hoër gedurende koue nat winters wees.
Sulfaat S (mg/kg in grond) | Interpretasie vir bemesting |
---|---|
<6 | Gebrekkig: S toediening hoër as spesifieke gewasbehoefte (>15-20kg S/ha) |
7-12 | Voldoende: S toediening teen instandhoudingspeile (15kg S/ha) |
>12 | Bo optimum: S toediening minder as spesifieke instandhoudingspeile (10kg S/ha) |
Ander plantvoedingstowwe
Canola is gevoelig vir boor- en molibdeen tekorte, veral waar dit in laasgenoemde geval saam met lae pH gepaardgaan. Tekorte kan opgehef word deur die toediening van natriummolibdaat (150g/ha vir blaarbespuitings) en solubor (1-2kg/ha vir blaarbespuitings en 4-5kg/ha vir grond toedienings). Koper, sink en mangaan behoeftes is dieselfde as vir koring.
Die volgende persone word opreg bedank vir bydraes gelewer: CP de L Beyers, JT Bester, K Schonken, CP du Plessis, HJC Agenbag en DJ Hanekom.
Enquiries
Directorate Plant Sciences, Department of Agriculture Western Cape
Private Bag, Elsenburg 7607 T. 021 808 5321 E. piet.lombard@westerncape.gov.za
Editors
PJA Lombard J Bruwer Franco le RouxSponsored by the Protein Research Foundation