OPDT   OIL & PROTEIN SEEDS DEVELOPMENT TRUST
OAC   OILSEEDS ADVISORY COMMITTEE

OPDT
OIL & PROTEIN SEEDS DEVELOPMENT TRUST

OAC
OILSEEDS ADVISORY COMMITTEE


Canolafokus 7   Julie 2000

Insekbheer op canola

Saamgestel deur DJ Hanekom en H Kotze

Rooibeensandmyt / Swartsandmyt (Halotydeus destructor) en Blou Hawermyt (Penthaleus major)

April / Mei / Junie

Volwasse insekte van beide spesies voed op jong saailinge en veroorsaak die kenmerkende silwer/wit vlekke en verwronging by saadlobbe en jong blare. Swaar infestasies kan aansienlike skade binne enkele dae by aanplantings veroorsaak.

Gereelde inspeksies vir skade en aktiwiteit van myte gedurende die eerste 3 tot 5 weke na opkoms is belangrik, veral as omgewingstemperature hoog is. Saadbehandeling met dimetoaat net voor plant gee 'n mate van beskerming, maar vereis gewoonlik opvolgbespuitings met opkoms en sowat twee tot drie weke daarna. Rooibeensandmyt is die mees ernstigste plaag van canola saailinge. Swaar infestasies sal die stand uitdun, groei vertraag en uiteindelik opbrengs benadeel. Vinniggroeiende canola saailinge en meer volwasse canolaplante kan egter 'n redelike mate van infestasie verdra.

Plantluise – Koolluis (Brevicoryne brassicae)

April tot Oktober

Alhoewel ander plantluisspesies ook canola infesteer is die koolluis tans die primêre spesie wat op canola voed. Plantluise migreer vanaf gasheer-onkruide rondom aanplantings en populasies kan met warm weerstoestande, baie vinnig opbou. Koue weer vertraag die opbou van populasies wat selfs kan verminder met goeie reënbuie. Canola is tydens die vroeë groeistadiums uiters gevoelig vir luisbesmetting. Swaar en langdurige besmetting tydens die blom en peul stadia kan ook blomvorming verhoed en die set en vulling van peule erg benadeel. Olie kwaliteit en kiemkragtigheid van sade kan ook beïnvloed word.

Gereelde monitering van luisbesmettingsvlakke is belangrik. Kyk veral vir luise tussen die jong blaartjies by die groeipunt tydens die rosetfase, aangesien enkele luise tydens hierdie stadium die groei van die canolaplant inhibeer. Volwasse canola het 'n hoër toleransie vir luisbesmetting. Wanneer daar besluit moet word om te spuit al dan nie, is belangrik om eerder die aantal besmette plante, as die hoeveelheid luise, te bepaal.

Lusern Erdvlooi (Sminthurus viridis)

April tot Mei

Alhoewel nie so 'n groot omvang soos die rooibeensandmyt, kan hierdie insek redelike skade veroorsaak in sekere dele van veral die Suid-Kaap. Die insekte vreet klein gaatjies in die saadlobbe en blare van saailinge. Swaar infestasies kan lei tot vertraagde groei of afsterf van saailinge.

Ruitrugmot (Plutella xylostella)

Julie tot September

Afhangende van die omgewingstemperatuur word die volwasse insek (klein motjie met diamantpatroon op toegevoude vlerke) gewoonlik teen die einde van die stingelverlengingsfase opgemerk. Met warmweerstoestande kan infestasie egter reeds teen met die rosetfase plaasvind. Die liggroen larwes met 'n kenmerkende gewroel, wanneer hanteer word en wat dikwels van 'n spindraadjie hang, vreet gaatjies in die blare. Peule word ook aangeval, maar skade is gewoonlik oppervlakkig en peule word selde deurboor. Beskadigde peule kan egter neig om makliker oop te spring.

Bolwurm (Heliothus spp.)

Augustus tot September

Larwes verskil van kleur wat wissel van liggroen tot donkerbruin met geriffelde huid en kort swart haartjies. Swaar bolwurm infestasies gaan gewoonlik gepaard met swaar luisbesmettings aangesien die motte op die heuningdou, wat deur die luise afgeskei word, voed. Klein larwes veroorsaak selde ernstige skade aan peule aangesien daar slegs aan die oppervlak van blare en peule gevoed word. Groter larwes (meer as 1cm) boor in peule en veroorsaak opbrengsverliese.

Aanplantings moet vanaf die blomstadium gemonitor word. Kyk vir skade aan peule eerder as net die getal larwes teenwoordig.

Ander moontlike plae op canola
Bagrada
Bagrada hilaris
Kom sporadies voor en vreet aan blomdele van canola.
Koolwitjie skoenlapper
Pieris brassicae
Larwes veroorsaak vreetskade aan blare. Tot hede slegs sporadies opgemerk.
Vals draadwurm
Tenebrionidae spp.
Potensiële plaag, maar slegs enkele gevalle van skade is in Suid-Kaap aangeteken.
Snywurms
Agrotis spp.
Potensiële plaag in sommige gronde ryk aan organiese materiaal.
Slakke
Mollusca
Potensieële plaag.

Middels vir beheer

As gevolg van die feit dat canola 'n "nuwe" gewas is asook die relatief klein omvang van die bedryf, is daar tans nog geen insekmiddels vir gebruik op canola geregistreer nie. Middels hieronder genoem word egter met sukses teen genoemde plae op ander verwante gewasse gebruik sonder enige nadelige effek.

Rooibeensandmyt
(grondbespuiting)
(saadbehandeling)
dimethoaat (400g/liter)
omethoaat (800 g/liter)
dimethoaat (400g/liter)
55 tot 85ml/ha
40ml/ha
150-165ml per 50kg saad meng met 600ml water
Plantluise demeton-S-metiel (250g/liter)
endosulfan (350g/liter)
dimethoaat (400g/liter)
omethoaat (800g/liter)
1.1 liter/ha
3 liter/ha
750ml/ha
80-100ml/ha
Ruitrugmot endosulfan (350g/liter)
endosulfan (475g/liter)
2 liter/ha
1.5 liter/ha
Bolwurm cybermethrin (200g/liter)
endosulfan (350g/liter)
endosulfan (475g/liter)
150ml/ha
2 liter/ha
1.5 liter/ha

Dit is belangrik om sover moontlik te spuit wanneer aktiwiteit van bye laag is.

Tabel 1: Drumpelwaardes vir insekbeheer op canola
Insek Drumpelwaarde Bepaling van infestasie Aanmerkingss
Rooibeensandmyt
Halotydeus destructor
 
Blou Hawermyt
Penthaleus major
10 myte per 100 vierkante sentimeter
0-6 weke na opkoms
Bepaal die aantal myte per 100 vierkante cm (10 x 10cm) rondom die basis van plante. Herhaal by 5-10 verskillende plekke.
 
Vermy montering tydens sterk sonskyn dae. Moniteer tydens koel bewolkte dae, vroeg in die oggend of laat in die namiddag.
Beide myte kom voor in gemengde populasies.
 
Saadbehandeling met dimethoaat gevolg deur bespuiting twee weke na opkoms.
Plantluise
Brevicoryne brassicae
Ten minste 20% van plante het 25mm of meer van die stingel besmet met luise. Doen gereelde inspeksies tydens blom en peul stadiums van canola (twee keer per week). Canola baie vatbaar op 'n vroeë stadium. Enkele luise in die groeipunt tydens rosetfase kan groei van canola strem. Gebruik kleefmiddel met bespuiting.
Lusern Erdvlooi
Sminthurus viridis
10 gaatjies per blaar. Ondersoek sowat 0.5m van plantry. Kyk vir kenmerkende gaatjies in blare. Herhaal by 5-10 verskillende plekke. Kom veral voor na peulgewasse of by lande aangrensend aan lusern of medics.
Ruitrugmot
Plutella xylostella
Tel slegs wurms langer as 3-4 mm.
 
Middel to laat blomstadium: 17-23 per 10 plante.
 
Peulvulling: 43-57 per 10 plante.
Loop deur die land in 'n sirkel patroon. Begin sowat 10-15m van die kant van die land. Stop by 20-25m intervalle. Neem 'n toevallige plant en skud in 'n houer. Tel larwes langer as 3-4mm. Reënval meer as 5-8 mm in 'n 24 uur periode sal die aantal wurms aansienlik verminder.
Bolwurm
Heliothus spp.
5-10 per vierkante meter. Neem toevallige plante en skud in 'n houer. Monster sowat 10 tot 20 plante. Bepaal die besmetting deur die gemiddelde plantdigtheid van die land te bepaal (plante per vierkante meter). Klein wurms veroorsaak min skade aan peule wat nie bespuiting regverdig nie. Sigbare skade aan peule moet voorkom voordat beheermaatreëls nodig is. Bepaal persentasie beskadigde peule.

DOWNLOAD ISSUE


Enquiries

Directorate Plant Sciences, Department of Agriculture Western Cape
Private Bag, Elsenburg 7607   T. 021 808 5321   E. piet.lombard@westerncape.gov.za

Editors

PJA Lombard   J Bruwer   Franco le Roux

Sponsored by the Protein Research Foundation


Subscribe to this newsletter